Weg! Ry & Sleep

Drank en rygoed: Jy wéét dit gaan nie werk nie

-

Ná amper 18 jaar se skryf oor rygoed, het ek letterlik al duisende voertuie bestuur, in uiteenlope­nde toestande. Plekke soos die Nürburgrin­grenbaan in Duitsland, die Namib-woestyn en diep water in Moremi, tot die snerpende koue van Ysland (daar is ’n rede waarom hulle dit nie “Sonland” noem nie). Uiteindeli­k begin jy iets van rygoed af weet. Nie baie nie, maar darem meer as die gemiddelde ou wat in sy plakkies gaan brood en sieghrêts koop.

Dis altyd lekker om met mense te gesels wat iets wil weet. Maar raai wat? Soms wil ek eenvoudig nie oor rygoed praat nie.

Die ergste is ’n braai by iemand anders. In teenstelli­ng met wat sommige mense mag dink, stel ek nie eksklusief in 4x4’s of rygoed belang nie. Ek hou ook van jag, goeie wyn, kosmaak, honde, Seinfeld, goeie films, rugby, Formule Een, rockmusiek en die meeste soorte kaas (behalwe gouda, want dis bloot ’n geel gekleurde uitveër wat as kos verkoop word).

Ek weet nie of die druk van gasheer speel soms te veel vir mense raak nie, maar soms sal iemand my vlugtig voorstel met: “Dis Jaco, hy ry heeltyd karre en skryf daaroor!” voordat hy omdraai en paniekerig yskas toe hardloop.

Nog voordat ek kan terugslaan met iets soos: “Uh, karre is net ’n deel van my werk, ek help ook baie met die beplanning van reisartike­ls en met die opdragte aan ons mense wat op reis gaan om die wonderlike artikels in WegRy te lees,” kry baie ouens een of ander blink lig in hulle oë. Dis moeilik om die uitdrukkin­g te beskryf, maar dis ’n mengsel van opgewonden­heid, verwarring en afsku. Opgewonden­heid omdat die meeste ouens op een of ander manier van rygoed hou, verwarring omdat die ou nie weet waar om te begin nie en afsku omdat die ou dink jy ry heeldag in duur, nuwe motors rond, drink saans martini’s in eksotiese hotelle en kerjakker die wêreld vol.

Teen dié tyd moet ek myself inhou om nie my oë te begin rol nie. Dan veins ek ’n glimlag voordat ek die onderwerp blitsvinni­g verander na iets soos: “So, en wat doen jy?” Maar dis gewoonlik te laat, want ’n tipiese antwoord sal iets wees soos: “Ek werk my gat af om my kar af te betaal. Watter kar dink jy is die vinnigste/mooiste/ beste waarde vir geld?” Jy kan nie wen nie, kan jy?

Dis ook nie lank nie, dan kom ’n ou wat so vyf doppe voor is nadergesku­if en vra jou: “So, wat dink jy van die nuwe Haailaksh?” My natuurlike reaksie, wat my vrou my al geleer het om meestal te onderdruk, is om te antwoord met iets soos: “Watter model Hilux? Die 2.8 GD-6 of die 4 liter-V6-petrol? Die handrat of outomaties? Of wat van die kleiner 2.4 GD-6? Of stel jy belang in sy grondvryho­ogte? Of wil jy weet of hy régtig die moose test geslaag het en of Toyota my net ’n moerse klomp geld betaal het om te gaan staan en lieg, selfs al het Suid-Afrikaanse Hiluxe nie dieselfde veringpakk­ette as dié van die Sweedse modelle nie, en is die Swede se resultate dus nie van toepassing op ons plaaslike modelle nie?”

Maar ek speel dit eerder koel en antwoord: “Ja-nee, hy’s lekker,” wys ’n duim en begin koelboks toe stap. Jy kan sien hoe die ou se oë verhelder en jy besef dan dat hy reeds ’n nuwe Hilux gekoop het en dat hy eintlik net bevestigin­g soek dat hy die regte besluit geneem het. Amper soos ’n vrou wat vir haar man vra: “My boude lyk mos nie vet in hierdie broek nie, nè?”

Kort daarna vra ’n ander ou vir jou: “So, wat dink jy van die nuwe Navara?” “Jislaaik, my pêl!” sal ek antwoord. “Daai ding is giftig verby!” en hom sommer ’n high five gee. Tien minute later vra iemand my wat ek van die Ranger dink en dan is dit tyd vir: “Ôg, maar dis ’n bakkie-en-’n-half daai!

En so gaan dit aan, totdat elkeen gelukkig is en gehoor het wat hy wil hoor. Dan kan ek myself verskoon en saam met die vroue oor interessan­te dinge gaan praat. Dinge soos die regte manier om ’n hoender te bak en, as jy gelukkig is, sommer ook oor of Malcom Marx die antwoord is vir Suid-Afrika op haker. Want die cliché is helaas waar: Die meeste mans het net een ding op die brein: En dis ’n lekker ryding.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa