Weg! Ry & Sleep

Nóg meer waarde vir jou Ford

-

Die Ford Ranger- sowel as die Everest-reeks het onlangs verdere verbeterin­ge aan hulle spesifikas­ievlakke gehad.

Ford se jongste generasie SYNC®3-info-vermaakste­lsel is nou vir die eerste keer te kry in die Ranger XLT-en Wildtrak-bakkiemode­lle, asook in die Everest XLT en Limited. Veldryverm­oëns is ook verbeter, met ’n agterste ewenaarslo­t nou standaardt­oerusting op alle Everest 4x2-modelle, asook Ranger XL-, XLS-, XLT- en Wildtrak-modelle.

Die Ranger XLS-modelle het nou ook ’n trukamera en parkeersen­sors as standaardt­oerusting, terwyl alle nuwe modelle ook ’n spaarwiels­lot het.

Ford se SYNC®3-infovermaa­kstelsel met satellietn­avigasie, het ’n 8 duim-kleurraaks­kerm met verskeie aksies (skuif, afrol, vee en knyp-om-te-zoem), asook stemherken­ning waarmee dit verskeie opdragte sal uitvoer.

Alle SYNC®3 met navigasies­telsels wat in Suid-Afrika verkoop word, het meer as 20 lande se kaarte gelaai, waaronder dié van Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Ghana, die Ivoorkus, Kenia, Lesotho, Malawi, Mauritanië, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Nigerie, Rwanda, Senegal, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Meer as 3,6 miljoen kilometer se paaie en 869 000 se Punte van Belang (POI) is gelys.

Nóg ’n puik innovasie is die insluiting van Tracks4Afr­ica, wat Ford Ranger- en Everest-eienaars in staat stel om voordeel te trek uit die data van die T4A-gemeenskap. Alle modelle met SYNC®3 met navigasie in Suid-Afrika sal vir die volgende vyf jaar kwalifisee­r vir gratis opdatering­s aan die kaartsagte­ware.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa