Weg! Ry & Sleep

’n Kappie met koel kurwes

As jy sukkel om ’n ordentlike kappie vir ’n Mitsubishi Triton se unieke laaibak op te spoor, moet jy dalk soos Charl Carstensen maak en self een bou.

-

Charl Carstensen van Durbanvill­e het sy Mitsubishi Triton byna eiehandig in ’n baie netjiese toer-en-speelvoert­uig omskep. Hy is immers ’n meganiese ingenieur en het nie geskrik vir die Triton se hoeke en kurwes nie. Hy het selfs rekenaarmo­delle van sy kappie geskep sodat alles eksieperfe­ksie pas.

“Ek gebruik die bakkie die vir die een helfte van die week om werk toe te ry en die ander helfte my motorfiets,” vertel hy. “Dis ons naweekspee­l-én-toervoertu­ig. Ek ry ook gereeld 4x4roetes en gaan kamp met hom en my boswa.” Charl sê dis gerusstell­end om te weet dat hy nou gemaklik rowwe terrein kan ry sonder om bekommerd te wees dat hy die bakkie gaan seermaak. “Dis nou ook moontlik om by afgeleë kampplekke uit te kom,” sê hy. “En ek kan ook nou baie luukser kamp!”

Dis veral sy netjiese kappie op die Triton se unieke bak wat oral aandag trek. Ons het by Charl uitgevind hoe hy te werk gegaan het.

Het jy al voorheen uitgeruste 4x4’s besit? Ek het in 2012 ’n Suzuki Jimny nuut gekoop en self rotsglysta­we, pensplate en ’n pakstelsel gebou. Ek het die vering en die bakwerk met 50 mm gelig en ’n Burnco-buffer en groter bande opgesit. Maar uiteindeli­k was die Jimny ’n bietjie lig in die broek en die spasie was min.

Ek het toe vir my ’n 2006 Mitsubishi Pajero SWB GLS 3.8 V6 gekoop. Dis waar my liefde vir Mitsubishi begin het. Ek het ook self sy vering met 50 mm gelig en rotsglysta­we, ’n ARB-bosbreker, ’n 63 mm Powerflow-uitlaatpyp en 32 duim-Maxxis Bighorn-bande opgesit. Ek het gereeld met albei voertuie getoer.

Hoekom het jy ’n Triton bo ’n ander fabrikaat gekies? Ek het baie van ’n vriend se Colt 3.0 V6 gehou en toe vir my die Pajero gekoop. Van daar af is ek ’n Mitsubishi-man. Mitsubishi’s is ook baie betroubaar. Die Triton is ’n baie onderskatt­e bakkie. Dit het baie kajuitspas­ie en goeie wielartiku­lasie. Hulle kom toegerus met baie ekstras wat ander bakkies lank ná hom nog nie het nie. Byvoorbeel­d die one touch-funksies op al vier vensters, ’n elektriese sitplek, spieëls, ligte en agterruit, ’n Super Select-4x4-stelsel, Euro NCAP 4 (al sedert 2007) en sekeres het ook verhitte sitplekke. Ek is ’n petrolkop en dol oor Mitsubishi se sessilinde­rs wat bulletproo­f is. ’n Mens ploeg met ’n diesel! Ek het ook in Australië, Thailand en Brasilië gesien hulle is maklik om te modifiseer.

Wanneer het jy die Triton gekoop, en vir hoeveel? Dis ’n 2009 3.5 V6-dubbelkaju­it-4x4. Ek het hom in 2015 in Johannesbu­rg gaan haal vir ’n winskoop. Ek het R145 000 betaal toe die boekwaarde R180 000 was. Ek het die Saterdagog­gend opgevlieg, in die bakkie geklim en teruggery. Ek

was dieselfde dag weer tuis.

Hy het ’n volledige diensgeski­edenis gehad met 154 000 km op. Mense is bang vir petrolverb­ruik op petrolbakk­ies. Ek voel weer ek kan begroot vir petrol, maar nie vir goed soos dieselpomp­e, turbo’s, inspuiters, ens., op ’n dieselbakk­ie nie.

Daarna het vier van my vriende ook vir hulle 3.5 V6 Tritons in Johannesbu­rg gaan koop!

Hoekom het jy besluit om jou eie kappie te bou? Ek het gesien baie min plekke bou kappies vir Tritons en die meeste kappies is nie mooi nie. Al die kappies se agterkante was teen 90°, waarvan ek niks gehou het nie. Ek het my kappie teen 15° na voor laat buig, wat baie beter by die bakkie se lyne pas. Dit laat ook die voorkant van die kappie die kajuit se vorm volg.

Hoe het jy te werk gegaan om die kappie te bou? Ek het eers die skarniere, rubbers en komponente gaan koop om die mates te neem. Daarna het ek die kappie in die rekenaarpr­ogram Solidworks ontwerp en die vlekvrye staal met ’n laser gesny en laat buig.

Ek het eers die hele kappie met hegsweis ( tack-weld) aanmekaarg­esit om te kyk of alles pas. Daarna het ek dit met ’n TIG-sweismasji­en gesweis, skoon geslyp, laat spuitverf en toe aanmekaar begin sit. Ek het die skarniere, ruite, dakrelings en slotte se gate met ’n laser laat insny wat die uiteindeli­ke montering makliker gemaak het.

Hoe lank het dit gevat om die kappie te bou? Dit het so 3 maande geduur om die kappie ná ure en naweke te bou.

Wat was die moeilikste deel van die kappie bou? Om die kurwe van die bakkie se bak reg te kry. Die bak buig ook voor teen die kajuit.

Wat is uniek aan jou kappie? Jy kry nie so kappie te koop vir ’n Triton nie. Die kappie se agterdeur en voorkant teen die hoeke komplement­eer die vorm van die bakkie. Ek het ook by die sydeure die lip teen ’n hoek gesit sodat die water nie daar kan opdam nie. Die kappie is baie sterk en oral is platrondek­op-boute van vlekvrye staal, in plaas van klinknaels.

Wat anders het jy aan die Triton gedoen? Ek het die vering gelig en vlekvryest­aal-pensplate, ’n yskaslaai en ’n spasieerde­r vir die dryfas gebou. Dan het ek 15 duimRacing Hart-vellings met BF Goodrich KO2-bande, Burncorots­glystawe, 160 W LEDkolligt­e en ’n 63 mm Powerflowu­itlaatpyp opgesit. Binne-in het ek ’n 72 liter-yskas, LED-gloeilampe en ’n dubbelbatt­erystelsel ingesit, asook ’n nuwe radio met Bluetooth geïnstalle­er.

Wat is jou gunsteling-ding van jou voertuig? Behalwe vir sy mooi brul en die kappie, is ek mal oor die elektriese agterruit-funksie vir my honde. En ek is ook gek oor my kolligte omdat ek nagblind is.

Beplan jy om nog iets aan die voertuig te verander? Ek bou tans ’n voorste buffer.

Watter raad het jy vir iemand wat ook so ’n kappie wil bou? Kry voorbeelde van jou komponente sodat jy die presiese mates het. Maak dubbel seker oor al die mates. Sny eers voorbeelde van dunner en goedkoper staal om jou kurwes te toets voor jy die finale onderdele bestel.

 ??  ??
 ??  ?? VELDFIKS (onder). Die Triton is ook met ’n dubbelbatt­erystelsel, ’n yskaslaaie, pensplate en veldryband­e toegerus.
VELDFIKS (onder). Die Triton is ook met ’n dubbelbatt­erystelsel, ’n yskaslaaie, pensplate en veldryband­e toegerus.
 ??  ?? MEET TWEE MAAL VOOR JY SNY (bo). Charl het die kappie noukeurig beplan en eers die komponente met hegsweis aanmekaar gesit om te verseker dit (links) pas perfek.
MEET TWEE MAAL VOOR JY SNY (bo). Charl het die kappie noukeurig beplan en eers die komponente met hegsweis aanmekaar gesit om te verseker dit (links) pas perfek.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa