Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

-

WAAR HET JULLE GEKAMP? Buiten Flamingo Lodge en Tunda Vala Wild Camping het ons wild gekamp. Live the Journey het spesiale toestemmin­g van die plaaslike sobas (stamhoofde) om die wilde kampeerple­kke te gebruik. Kontak Flamingo Lodge by flamingo@aasafaris.com. Bespreek by Dionisio Manso vir Tunda Vala Wild Camping by +244 93 712 9952 (stuur ’n Whatsapp-boodskap) of e-pos na otchitanda. investimen­tos@gmail.com. MOET EK PORTUGEES KAN PRAAT? Nee, maar dit sal kommunikas­ie aansienlik makliker maak as minstens een persoon in jou groep ’n basiese begrip van Portugees het. Ons het byna niemand teëgekom wat Engels behoorlik verstaan nie en alles word in Portugees geskryf. HET EK ’N VISUM NODIG? Ja. Jy moet persoonlik vir ’n toeristevi­sum by die konsulaat in Pretoria, Johannesbu­rg, Durban of Kaapstad aansoek doen. Jou aansoek moet twee paspoortfo­to’s, ’n uitnodigin­gsbrief of hotelbespr­eking in Angola, ’n geelkoorss­ertifikaat en ’n bankstaat insluit. Vir verdere inligting besoek

www.angolanemb­assy.org. WAARMEE HET JULLE GERY? Elke voertuig in die groep was ’n volwaardig­e 4x4 met ’n ewenaarslo­t. Jou voertuig moet ook toegerus wees met herwinning­stoerustin­g en alles wat jy nodig het vir boskamp – tente, drink- en stortwater, skadu en proviand. HOEVEEL BRANDSTOF HET EK NODIG? Neem genoeg saam dat jy ’n reikafstan­d van 1 000 km in 4x4-omstandigh­ede het. IS VULSTASIES VOLOP? Ja, maar net op dorpe of in stede, wat op hierdie roete ver uitmekaar is. Petrol in Portugees is gasolina en diesel is

gasoléo. Maak seker jy vra vir die regte een wanneer jy volmaak. WAAR KAN EK BESPREEK? Om hierdie toer saam met Live the Journey te doen, besoek

www.livethejou­rney.co.za, e-pos na info@ livethejou­rney.co.za of bel 021 863 6400 (Kaapstad). Die volgende toer is vind plaas vanaf 3 tot 13 Maart 2018.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa