Weg! Ry & Sleep

BUFFELSFON­TEIN

-

As jy al ooit Weskus Nasionale Park toe gery het of die N7 noord teen die Weskus op is, het jy beslis al by Buffelsfon­tein verbygery. Maar min mense weet hier skuil ’n lekker 4x4-roete, want Buffelsfon­tein word meestal as ’n natuurrese­rvaat, konferensi­esentrum en troubestem­ming bemark.

’n Entjie die duine in, agter al dié netjiese geriewe, lê daar egter ’n sandroete wat vir vet pret skaars ’n uur buite die stad vir jou en ’n paar pêlle sal sorg. Dis “net” ’n graad 2- tot 3-roete, maar teen die einde van die Wes-Kaap se kurkdroë somer is Buffelsfon­tein se sand so los soos ’n sak Tastic-rys. G’n banddruk hoër as 0,8 bar sal ’n kans staan nie.

Jy moet deurgaans goeie momentum handhaaf (al is jy op maklike dele van die pad) en net teen afdraandes stilhou. Hier het glo al fris Jeeps met groot bande hulself só ingegrawe dat die plaastrekk­er moes kom help.

Die pad is ’n sirkelroet­e van sowat 14 km deur die Weskus-fynbos, oor duine en deur digte gras en bome, en bied mooi uitsigte oor die reservaat se ongerepte natuurskoo­n. Hou ook jou oë oop vir Buffelsfon­tein se wild – onder meer koedoes, buffels, kameelperd­e, blouwildeb­eeste, sebras en elande. Hier loop ook ’n paar renosters rond, maar dié sal jy waarskynli­k eerder laer af op die plaas, êrens op die oop vlaktes, as in die ruigtes rondom die sandroete sien.

Sowat halfpad is ’n speelplek waar jy behoorlik sand kan rondgooi en bulte storm en daarnaas ’n lekker boskamp. Hier staan permanente bostente en daar is spoeltoile­tte en warm water, maar geen elektrisit­eit nie, soos dit ’n boskamp betaam. Jy sal kwalik glo jy’s net meer as ’n uur van die stad af weg as jou vuur saans hier diep tussen die duine knetter.

Voor jy die roete begin, kry jy ’n kaart van die reservaat waarop dit aangedui is. Daar is egter nie aanwysings­borde op die paadjie nie en dis maklik om in die sand te verdwaal. Vra dus vir meer aanwysings as jy aanmeld of hoor of iemand die eerste ronde saam kan ry. Die roete duur net ’n uur en ’n half of wat en jy kan dit maklik ’n paar keer in ’n naweek ry.

 ??  ?? SANDKASKEN­ADES.
Buffelsfon­tein-natuurrese­rvaat se 4x4-roete is in dik sand tussen die duine. Hier kan jy lékker speel en jou enjin se toere ’n bietjie jaag.
SANDKASKEN­ADES. Buffelsfon­tein-natuurrese­rvaat se 4x4-roete is in dik sand tussen die duine. Hier kan jy lékker speel en jou enjin se toere ’n bietjie jaag.
 ??  ??
 ??  ?? BEL ’N PÊL. Teen die einde van die somer, en veral in die hitte van die vroeë middag, is die sand poeierlos. Sorg maar dat jy en jou pêlle die herwinning­stoerustin­g ingooi.
BEL ’N PÊL. Teen die einde van die somer, en veral in die hitte van die vroeë middag, is die sand poeierlos. Sorg maar dat jy en jou pêlle die herwinning­stoerustin­g ingooi.
 ??  ?? PURE NATUUR. Buffelsfon­tein is net sowat ’n uur van Kaapstad, maar jy voel ver weg van die wêreld. Hier is allerhande diere (selfs renosters) en ’n mooi boskamp in die duine.
PURE NATUUR. Buffelsfon­tein is net sowat ’n uur van Kaapstad, maar jy voel ver weg van die wêreld. Hier is allerhande diere (selfs renosters) en ’n mooi boskamp in die duine.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa