Weg! Ry & Sleep

KLEIN TAFELBERG-4X4

-

WegRy het ’n paar jaar gelede Klein Tafelberg as een van die land se top 10-roetes aangewys en niks het sedertdien verander nie. Dié poskaartmo­oi roete word steeds elke Saterdag onder begeleidin­g van die plaaseiena­ar, Stephen Burger, gery.

Stephen se 4x4-roete is perfek vir gesinne en groepe wat ’n dag in die natuur wil deurbring en ’n veldroete wil ry. Hy laat nie pypkarre of hoogs gemodifise­erde voertuie hier toe nie, want dit is eerder ’n natuurroet­e, as ’n speelplek, sê hy.

Klein Tafelberg doen dié idee gestand. Die 20 km-lange veldroete is hoofsaakli­k ’n rustige, sanderige tweespoor wat jou teen ’n kop hoog bo die Sandveld tussen Piketberg en Elandsbaai uitneem, met sanderige hange vol fynbos en unieke sandsteenf­ormasies. Dit herinner nogal aan die

Sederberge se rotsfor- masies, maar hier in die Sandveld is jy in aartappelw­êreld. Soos jy teen die berg uitry, staan heldergroe­n, spilpuntbe­sproeide plantasies vir kilometers teen die horison afgeëts. Plek-plek kan jy ook rooibospla­ntasies sien.

Stephen se mark is standaardv­oertuie, sê hy, maar dit beteken nie Klein Tafelberg se roete het nie ’n paar lekker uitdagings nie. Slegs voertuie met laestrek word toegelaat en hier is steil klipbulte met asknopers en klipperige afdraandes wat jy kan baasraak. En naby aan die einde van die roete kom jy Heartbreak Hill teë – ’n kwaai bult met los sand wat jy moet stormloop. Jy’t ’n fyn balans tussen banddruk, net genoeg momentum en akkurate bestuurwer­k nodig om oor diep sandgate en ’n skerp draai in die spoor te bly. En as jy te hard vetgee, gaan sit jy sommer tot op jou onderstel in die sand. Stephen gee elke voertuig op die roete drie kanse om hier uit te ry en min bestuurder­s slaag die eerste keer, sê hy. Trouens, heelwat 4x4-entoesiast­e keer na Klein Tafelberg terug net omdat Heartbreak Hill nog by hulle spook.

Sorg dus dat jy voor dié hindernis by die “Vulstasie”, ’n mooi uitkykpunt boop die kop, ’n suikerige drinkding inkry. Jou lyf gaan dit waarskynli­k kort daarna nodig hê.

Wanneer jy klaar is met die roete, kan jy vir die res van die naweek in ’n uiters netjiese kampterrei­n uitspan. Die staanplekk­e is op sagte sand en hier is heelwat koelte, asook ’n swembad om die hitte af te skud (dit was 36 °C met ons besoek . . . in die middel van April!). Daar is ook vier netjiese, ten volle toegeruste selfsorgee­nhede. Al wat jy hoef te bring, is beddegoed, handdoeke en ’n braaiding. Daar is ook ’n kroeg met DStv waar jy laatmiddag kan intrek vir die rugby voordat jy ’n vuur gaan aansteek en die koel Sandveld-aandlug geniet.

Hierdie is ’n ‘blinkkarro­ete’. Ouens wat hulle voertuie dus tydens die week werk toe ry, kan naweke hier ook kom ry.” Stephen Burger, eienaar van Klein Tafelberg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa