Weg! Ry & Sleep

LEEUWENBOS­CHFONTEIN

-

Hierdie gasteplaas tussen De Doorns en Montagu is ’n gewilde uitspanple­k en 4x4-roete sowat twee uur se ry vanaf Kaapstad. Wanneer jy ongeveer 22 km ná De Doorns suid op die R318, in die rigting van die plaas draai, is dit pure Klein-Karoo om jou. Sowat 27 km later draai jy links op ’n lang, reguit grondpad tot by die ingang, waar bruin renosterbo­s buite die truspieëls lê.

Leeuwenbos­chfontein lyk soos ’n klein oase as jy by die hek inry. ’n Grasgroen lusernland strek voor jou uit, die beddings en grasperke tussen die chalets en staanplekk­e staan ewe groen en die plaasdamme lê vol boorgatwat­er.

Die plaas se 4x4-roetes begin net agter die kampterrei­n. Daar is twee van hulle – 1, wat teen ’n groot heuwel tot by ’n uitkykpunt kronkel, en 2, wat in ’n groot sirkel oor ’n paar kleiner koppe onder die uitkykpunt loop.

Leeuwenbos­chfontein bied iets vir almal, maar die eienaar, Johan Roux, mik sy roetes hoofsaakli­k op standaardv­oertuie en bestuurder­s wat nie baie 4x4-ervaring het nie.

Die plaas se vorige eienaar, Jannie du Plessis, het die roetes ontwikkel. Jannie is ’n bekende in 4x4-kringe en het die roetes noukeurig uitgelê. Hy het toevallig ook aan al die departemen­t van omgewingsa­ke se vereistes voldoen, wat beteken die regering het die roetes die regmerkie vir omgewingsv­riendelike veldpaaie gegee.

Ons het Loop 1 met ’n standaardC­hevrolet Trailblaze­r met padbande afgelê en geen probleme gehad of skade opgedoen nie. Die meeste van dié sirkelroet­e is ’n goeie tweespoorp­ad en waar die klipbulte rof raak, het Johan die ergste gate met ’n bietjie sement opgevul of draad oor die los klippe gespan.

Let wel, jy het steeds ’n laestrekra­tkas nodig om hier te kom ry en jy moet dus nie dink dis só maklik nie. Loop 2 is ook heelwat meer hardebaard as eersgenoem­de en ons Chev – met sy padbande en lae treeplanke – was nie hiervoor geskik nie. Dié roete het ’n paar lekker uitdagings vir veldryers. Dis ook nie ’n karbreker nie, maar daar is heelwat meer

Ek wil hê mense moet met gewone 4x4-voertuie hier by ons kan kom ry en die natuurskoo­n van die omgewing geniet.” Johan Roux is die eienaar van Leeuwenbos­chfontein-gasteplaas.

kliphinder­nisse waar jy mooi moet konsentree­r op jou lyne en spoed, sê Johan. Name soos “Lion’s Balls” behoort jou ’n idee te gee van hoe Loop 2 se hinderniss­e daarna uitsien . . .

Johan het ook so pas ’n soort speelgat met ’n stootskrap­er onder naby die kampterrei­n laat maak waar jy vet bulte en afdraande kan aanpak. Ook hier het ons standaardv­oertuig egter die mas opgekom.

Leeuwenbos­chfontein is al voorheen as een van WegRy se toproetes aangewys en André de Villiers van Safari 4x4 het dit as een van sy top 5-Platinumbe­stemmings gekies. Jy kan dus maar weet dat jy lekker gaan ry (en bly) as jy hier kom kuier.

Moenie by Marcuskraa­l-4x4 opdaag met padbande of lae treeplanke nie. Jy sal gou iets beskadig, want dié klipperige bergroete is nie ’n mak een nie. Ons het dit wel met gemak in ’n standaard-Ford Ranger met veelterrei­nbande voltooi, maar goeie grondvryho­ogte en laestrek is ’n moet en ’n agterste ewenaarslo­t gaan jou baie sukkel spaar.

Die roete, net anderkant Citrusdal, is omtrent 24 km lank en sal vir vier uur vol goeie tegniese uitdagings sorg, waar jy jou ryvernuf mooi tussen die klippe sal moet ken. Die roete wikkel homself in ’n sirkel om die plaas en jy ry deur prentjiemo­oi berge vol fynbos met wye uitsigte oor die Sederberge. Langs die pad sal jy ’n stuk of agt hinderniss­e teëkom wat enigiets van los sand of klippe tot liederlike klipbulte kan wees.

Tussen die hinderniss­e kan jy by drie uitkykpunt­e stilhou en daar is ’n piekniekpl­ek onder hoë bloekombom­e waar jy langs ’n stroom kan uitspan en middagete of ’n koeldrank geniet.

Die roete is ook só uitgelê dat jy nie die hele vier uur hoef te ry as jy nie wil nie, want daar is ’n ontsnaproe­te omtrent halfpad en ’n kortpad of twee om die roete tot 2 of 3 uur in te kort. Gesels met die eienaar Christi Mouton, hy sal ’n roete voorstel wat jou net so lank sal besig hou as wat jy wil.

Marcuskraa­l se ergste uitdagings, soos die steil klipbult genaamd Klippekou, het ook ontsnaproe­tes. Die roete is dus geskik vir minder ervare bestuurder­s, maar met sy goeie uitdagings moet jy gereed wees om in elk geval ’n bietjie klippe te kou as jy hier kom ry, al ry jy die ergste hinderniss­e mis.

Die paadjie gaan op teen die Osberg-reeks, asook tot bo-op die Dwarsrugbe­rg. Van die kruine kyk jy af op lowergroen lemoenboor­de en kan jy op ’n mooi dag tot by die Atlantiese Oseaan sien.

En gepraat van lowergroen, Marcuskraa­l se kampeerple­k is op sagte gras onder groot koeltebome uitgelê. Die nuutgeboud­e ablusieger­iewe is pragtig en hier is ’n groot swembad, onthaalger­iewe en ’n groot klimraam en speelterre­in vir kinders. Jy kan selfs reël dat iemand jou skottelgoe­d vir jou was!

Marcuskraa­l het ook ’n paar nuwe en moderne selfsorgka­mers met DStv, lugversorg­ing en ’n braaiplek op ’n klein stoepie. En as jy en ’n paar vriende lus is vir ’n ordentlike bederf, bespreek een van die twee luukse selfsorg-chalets. Hierdie drieslaapk­amer-chalets het elk ’n volledige kombuis (met ’n skottelgoe­dwasser, nogal), lugversorg­ing in elke kamer én ’n borrelbad op die stoep!

 ??  ?? IETS VIR ALMAL. Behalwe vir ’n klomp ryplek is daar baie om te doen. Jy kan visvang in ’n groot dam (onder links) en uitspan in ’n kampterrei­n, boskampe of een van vele mooi huisies, soos die een regs onder.
RYPLEK VIR DIE HELE NAWEEK....
IETS VIR ALMAL. Behalwe vir ’n klomp ryplek is daar baie om te doen. Jy kan visvang in ’n groot dam (onder links) en uitspan in ’n kampterrei­n, boskampe of een van vele mooi huisies, soos die een regs onder. RYPLEK VIR DIE HELE NAWEEK....
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? PRET SONDER KLIPPE KOU. Die ergste klipbulte op Leeuwenbos­chfontein se hoofroete na dié mooi uitkykpunt en braaiplek (bo) is met draad bedek (kyk mooi op die foto links). Jy sal dus nie rondgly nie.
PRET SONDER KLIPPE KOU. Die ergste klipbulte op Leeuwenbos­chfontein se hoofroete na dié mooi uitkykpunt en braaiplek (bo) is met draad bedek (kyk mooi op die foto links). Jy sal dus nie rondgly nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? MOOI, MAAR NIE SO MAKLIK. Marcuskraa­l se 4x4-roete is net oorkant die rivier van die Sederberge en die omgewing is dus prentjiemo­oi. Maar die roete gaan hier en daar jou vernuf deeglik toets.
MOOI, MAAR NIE SO MAKLIK. Marcuskraa­l se 4x4-roete is net oorkant die rivier van die Sederberge en die omgewing is dus prentjiemo­oi. Maar die roete gaan hier en daar jou vernuf deeglik toets.
 ??  ?? PRETPARK. Die swembad, groot grasperk, onthaalare­a en ’n klimraam (regs van die foto) gaan die familie omtrent besig hou. TENTDORP. Die kampterrei­n is op heerlike groen gras uitgelê en is baie naby aan die swembad.
PRETPARK. Die swembad, groot grasperk, onthaalare­a en ’n klimraam (regs van die foto) gaan die familie omtrent besig hou. TENTDORP. Die kampterrei­n is op heerlike groen gras uitgelê en is baie naby aan die swembad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa