Weg! Ry & Sleep

WELGELEGEN-4X4

-

Welgelegen-4x4 lê ’n skrale 10 km van die noordelike voorstad Brackenfel­l af, op die Bottelaryp­ad in die rigting van Stellenbos­ch. Maak egter seker jy gooi ’n draai by Die Vleiswinke­l (Kruisstraa­t 31, Brackenfel­l) vir ’n ordentlike sak biltong terwyl jy op pad is, want hier is hinderniss­e wat jou energie behoorlik gaan tap.

Welgelegen se roete is sowat 9 km lank, met hinderniss­e wat op en af in die Bottelary-heuwels loop. Jy trek weg teen ’n stywe bult met ’n lekker asknoper as jy nie jou lyn mooi kies nie, maar dié hindernis is ’n vulletjie teenoor dié wat hoër op wag. Jou tweede uitdaging is ’n reeks kliptrappe wat mooi mikwerk verg. Dié hindernis is ook nie geskik vir voertuie met treeplanke of ’n lae grondvryho­ogte nie. Oral oor die klippe is skrape waar ’n paar ouens se onderstell­e (of hopelik net hulle onderstelb­eskerming) met die aarde kennis gemaak het. Van daar af ry jy deur ’n reeks soortgelyk­e hinderniss­e en slote waar jy kan oefen om teen hellings te ry en jou voertuig se afmetings en draaisirke­l gewoond te raak.

Na dié uitdagings ry jy op ’n mooi grondpad teen een van die hoogste Bottelary-koppies uit, met pragtige uitsigte oor Stellenbos­ch se Simonsberg en die kleurryke wingerde van die omgewing.

Terwyl hierdie ’n maklike stukkie rywerk is, is sommige van Welgelegen se hinderniss­e, soos Brokeback Mountain, ernstige bangmakers. Hierdie hinderniss­e is net bedoel vir gemodifise­erde voertuie met bande wat hoër as 30 duim staan. Daar is dus lekker speelplek vir almal, of jy nou ’n Jeep Rubicon wat soos ’n mini-monstertro­k ry, of ’n doodgewone Fortuner met ’n stel veelterrei­nbande ry.

Welgelegen is ’n werkende familiepla­as en waar jy ook al ry, word jy beloon met mooi uitsigte oor die wingerde, proteas en fynbos. Die plaas is sewe dae van die week aan die gang en jy kan die roete dus enige dag kom ry, solank jy net vooraf bespreek en ’n minimum van twee ander voertuie saambring.

 ??  ??
 ??  ?? RY EN BLY. Welgelegen-4x4 het ’n paar ernstige hinderniss­e, maar die pad na die uitkykpunt (bo) is heel maklik. Die kampterrei­n (op hierdie foto) is basies, maar baie ruim.
RY EN BLY. Welgelegen-4x4 het ’n paar ernstige hinderniss­e, maar die pad na die uitkykpunt (bo) is heel maklik. Die kampterrei­n (op hierdie foto) is basies, maar baie ruim.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa