Weg! Ry & Sleep

JOU LIGTE en die wet

Twee jaar gelede het CHARLES THOMPSON die wettigheid van ’n LED-ligstaaf op jou voertuig ondersoek. Intussen het die tegnologie rondom voertuigli­gte al heelwat verander. Maar het die wetgewing bygehou?

-

Toe ons voorverled­e jaar ( WegRy #67) ondersoek na die wettigheid van LED-ligstawe op jou 4x4 ingestel het, et, het daar heelwat onduidelik­heid op 4x4-internetfo­rums en Facebook-blaaie oor die verbod daaropp geheers.

Wat presies het die wet gesê, hoe streng is dit toegepas en was daar enige tekens van voorgestel­de wysigings aan ons verou- derde padregulas­ies?

Die antwoord destyds van kenners, soos Alta Swanepoel, ’n Pretoriase prokureur wat at spesialise­er in padverkeer­swette, en Darrenn Magerman, Wes-Kaapse streeksbes­tuurderr vir Dekra Automotive, was dat ’n ligstaaf op jou voertuig jou beslis ’n boete kan besorg. Adam Eiseb, verkeersho­of vir die Namibiese verkeersdi­enste in Windhoek, het ook bevestig dis dieselfde in dié buurland.

Vir talle voertuigei­enaars is sake egter ewe vaag rondom die aanbring van ánder bykomende ekstra ligte op hulle voertuie. En met ligtegnolo­gie wat by die dag verbeter, heers daar steeds onduidelik­heid oor of daai helder nuwe HID-kolligte of LED’s moeilikhei­d gaan maak as die verkeersow­erhede dit by ’n padblokkad­e of by die grens sien.

Om meer duidelikhe­id hieroor te kry, het ons vandeesmaa­nd by ’n ligverskaf­fer gaan aanklop en ook weer met Dekra, ’n maatskappy wat spesialise­er in padwaardig­heidstoets­e, gesels om te hoor of daar enige ontwikkeli­nge in die wet was.

NUWE LIGTE, OU PROBLEME

Ironman 4x4 Africa verskaf al vir jare allerhande soorte ligte aan die 4x4-mark in Suid-Afrika. Die maatskappy se direkteur, Mic van Zyl, is dus behoorlik op hoogte van sake wat betref die wetgewing daar rondom . . . en in skermutsel­inge met die owerhede oor dié wette. Mic sê sy maatskappy verkoop vier soorte ligte en spesifieke wetgewing geld vir elkeen van hulle:

Halogeen

“Halogeenli­gte word hoofsaakli­k vir hulle prys gekoop en nie die ligsterkte nie,” sê Mic. Dié ligte is gewoonlik nie veel skerper as die voertuig se standaardf­abriekslig­te nie, daarom is die wetgewing rondom halogeenli­gte ook nie vreeslik ingewikkel­d nie.

“As As jy ’n n ekstra stel halogeenli­gte op jou sierrooste­r monteer, mag hulle basies nie ’n hoër watt-lading as jou voertuig se standaardl­igte wees nie,” sê hy. “Die wet sê jou fabrieksli­gte mag nie meer as 75 W wees nie, dus mag jou ekstra halogeenli­gte dit nie oorskry nie.”

HID

Hoë-intensitei­t HID-ligte is ’n heelwat nuwer te tegnologie as halogeen. Die naam staan vir highhi intensity discharge en dié ligte bevat ni nie gloeiende draadjies, soos ’n gewone gl gloeilamp, nie. HID-ligte werk eerder met ele elektrodes wat in ’n mengsel van gas en m metaalsout­e in die gloeilampo­mhulsel ’n o ontbrandin­gsproses skep en so lig skep. D Die algemene watt-lading van dié proses is laa laag (sowat 35 W), maar die lig se reikwydte en intensitei­t is baie hoog, verduideli­k Mic.

““Na my mening is hierdie ligte tans die be beste op die mark. ’n Goeie LED-lig skyn sê maar 400 m, maar ’n goeie HID-lig kan tot 1 000 m ver skyn! Hierdie is dus my gun gunsteling­ligte vir veldry, want die reikwydte in d die stikdonker veld is net soveel beter.”

M Maar dinge kan verwarrend raak met HID HID-ligte, voeg hy by, want daar bestaan nog nie spesifieke wetgewing daarvoor nie. HID-ligte kan ook nogal “vol fiemies” wees en dít kan jou in die moeilikhei­d met die owerhede laat beland. “HID-ligte reageer nie so vinnig soos halogeen nie. Hulle neem ’n sekonde of wat om aan te skakel en dit neem aanvanklik heelwat meer as 35 W om die ontbrandin­gsproses te begin. Daarom het HID-ligte ’n goeie starter pack en dik bedrading nodig om die aanvanklik­e kraglading te hanteer.”

Sit jy ’n swak gehalte produk in of die installeer­der gebruik nie dik genoeg bedrading nie, gaan jou ligte nie werk soos hulle moet nie. En dís wanneer net een van hulle op die teerpad werk, of kort-kort doodgaan, dat die owerhede jou gaan vas vastrap. “HID-ligte hou ookk nie daarvan om ge ge- flash te wordrd word nie en dit kan ook gebeur dat een

van hulle dan ophou werk en jou in die moeilikhei­d bring. Jy moet basies heeltemal weg van openbare paaie wees waar jy die ligte saam met jou hoofligte kan aanskakel en aanhou,” sê hy.

Ofskoon daar nie spesifieke wetgewing daarteen bestaan nie, moet jy in geen omstandigh­ede jou voertuig se standaardl­igte met HID-ligte vervang nie, waarsku Mic. “Jou voertuig se ligte het baie spesifieke soort weerkaatse­rs in die omhulsels, wat gemaak is om die intensitei­t van die lig te hanteer en om die lig korrek te weerkaats en te fokus. Haal jy die halogeengl­oeilampe uit en sit HID-ligte in, is die kanse baie goed dat jy met slegte ligweerkaa­tsing en -refraksie gaan sit. As die owerhede jou in die nag vang en sien jou ligte skyn in allerhande verkeerde rigtings, gaan jy in die moeilikhei­d wees.”

LED-ligte en -ligstawe

Terwyl sommige lande al hulle wetgewing aangepas het om vir LED-ligstawe plek te maak, blyk Suid-Afrika nog ver daarvandaa­n te wees. “In Amerika en Australië maak regulasies al voorsienin­g vir dié nuwe tegnologie,” sê Mic. “In die Australies­e staat Queensland is ligte op jou dakrak selfs nou al wettig. Ons praat egter al ’n jaar lank met die Suid-Afrikaanse owerhede om die wette te wysig – ten minste vir een ligstaaf – maar sonder sukses.”

LED-ligstawe bly dus vir nou onwettig op voertuie wat op openbare paaie in SuidAfrika gery word. En die rede, soos Alta destyds aan WegRy verduideli­k het, bly dieselfde: Alle ligte voor op jou voertuig moet op ’n gelyke afstand van ’n denkbeeldi­ge sentrale lyn sit.

Om hierdie lyn te verstaan, trek ’n denkbeeldi­ge lyn van bo na onder deur die embleem op jou voertuig se sierrooste­r. Dis die sentrale lyn – al jou ligte moet op gelyke afstande aan weerskante van hierdie lyn sit.

Dié regulasie skep ’n probleem vir soliede LED-ligstawe en heelwat ligstawe word by toetsstasi­es afgekeur omdat dit in een lang strook oor die middelpunt van die voorkant van ’n voertuig aangebring is.

Mic voeg egter by ’n mens moet ’n onderskeid tref tussen die lig en die gebruik daarvan, want party mense verstaan dié onderskeid verkeerd. “LED-ligstawe op sigself is nie onwettig nie, dis die toepassing daarvan,” sê hy. “Jy kan dit sonder probleme op jou trekker, plaasbakki­e of duinvoertu­ig aanbring. Maar op ’n voertuig wat op openbare paaie ry, is dit onwettig.”

Die werklikhei­d, sê hy, is egter dat jou voertuig se hoofligte dalk goed mag wees, maar nie in alle omstandigh­ede die mas gaan opkom nie. “As jy byvoorbeel­d op stil, donker paaie in die platteland of afgeleë grondpaaie ry, wil jy so ver as moontlik sien. En waar diere onverwags uit die gras kan verskyn, soek jy dalk iets wat beter om jou voertuig verlig as die standaardl­igte.

“Daarmee sê ek nie ons wil 20 ligte op ’n voertuig hê wat so sterk is dat hulle die bosbreker smelt nie, maar ons wil darem hê die regering moet met sinvolle wette vorendag kom.”

Intussen is Ironman se oplossing twee LED-ligte wat jy voor op jou voertuig kan monteer. “Dis wettig, want dis aan weerskante van die denkbeeldi­ge sentrale lyn, en hulle werk fantasties. LED’s sprei goeie lig naby aan jou voertuig. Dit help dat jy diere se oë makliker langs die pad sien blink voordat hulle voor jou voertuig inspring.”

LED’s hou ook baie langer as ander ligte en gebruik baie min krag. “Die nuwes gooi ook al ’n heelwat beter ligstraal oor ’n afstand as die vroeë modelle,” voeg hy by. “En hoe minder krag jy benodig, hoe minder brandstof gebruik jy natuurlik.”

Ook hier is die wette nie baie beperkend nie, sê Mic. “Daar is tans geen spesifieke regulasies rondom die ligstraal of intensitei­t van LED-ligte nie en die owerhede gaan jou dus nie kan moeilikhei­d gee met ’n gehaltepro­duk nie.”

’N PAAR ALGEMENE REËLS OM TE ONTHOU

Mic gee die volgende algemene riglyne vir ligte voor op jou voertuig: • Jy mag nie meer as ses voorste ligte hê nie. Dit sluit nie in flikkerlig­te of dagryligte wat deel van die oorspronkl­ike hoofligomh­ulsel vorm nie. • Jy moet ’n gelyke hoeveelhei­d ligte hê

(maar onthou, die owerhede tel ligomhul-

LED-ligte is wettig.Wees egter bedag op die intensitei­t van die lig, asook die hoogte en hoek waarteen dit skyn.”

sels en nie individuel­e LED’s nie). • Geen ligte mag oor die sentrale lyn van

die voertuig strek nie. • Geen lig mag hoër as die enjinkap uit

steek nie. • Jy mag nie ligte teen die dak of op ’n dakrak monteer nie. Daar is wel al uitsonderi­ngs gemaak vir drie voertuie met ligte op die dak as standaardt­oerusting – die vorige Nissan X-Trail, Jeep Cherokee KJ en die Toyota FJ Cruiser. Dit was egter omdat die voertuie so ontwerp was. As jy een van dié voertuie ry, moet ook nie probeer om daai ligte met ’n ander stel te vervang nie. Mic ry die vorige model FJ en het hiervoor ’n boete gekry. • Enige ekstra ligte moet twee skakelaars hê: Een om hulle afsonderli­k af te skakel en ’n tweede om hulle saam met die hoofligte te laat aanskakel. Jou ekstra ligte mag dus slegs saam met die hoofligte aangeskake­l wees, of glad nie. • Jy mag nie gekleurde ligte voor op jou voertuig hê nie. Geel (soos die ou halogeenmi­sligte) word nog aanvaar, asook die nuwer HID-ligte waarvan die helder wit lig ’n blouerige skynsel gee.

DARREN MAGERMAN VAN DEKRA IN KAAPSTAD VOEG DIE VOLGENDE BY:

Om die lig in jou voertuig se standaardo­mhulsel met ’n HID-lig te vervang gaan beslis nie by die toetsstasi­e goedgekeur word nie.

LED-ligte is wettig. Wees egter bedag op die intensitei­t van die lig, asook die hoogte en hoek waarteen dit skyn. “’n Oplettende toetsbeamp­te sal selfs kyk of jou ligte die nodige SANS-goedkeurin­gsmerkers op het.” As jy enigsins onseker hieroor is, vat jou voertuig en sy nuwe ligte na ’n voertuigel­ektrisiën, soos Motolek.

As jy nuwe ligte opsit, vat jou voertuig na ’n toetsstasi­e om seker te maak die ligte skyn reg. Dekra toets spesifiek vir die belyning, hoogte van die skynhoek en die hoeveelhei­d lig wat na die kant van die pad skyn ( roadside illuminati­on). Ligte wat te hoog of skeef skyn, gaan jou in die moeilikhei­d laat beland (en kan boonop aankomende motoriste verblind).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa