Weg! Ry & Sleep

ʼn Anderster soort Jeep

Dis ’n eerste vir Jeep en iets wat die puriste sal laat stik. Maar hoe ry die Renegade nou eintlik? JACO KIRSTEN probeer dié vraag beantwoord.

-

Verbeel jou jy sit in Italië vir die bekendstel­ling van ’n Jeep. Dit maak nie sin nie, of hoe? Jy moet dit mos eerder in Amerika beleef. Dalk in Moab, Utah. Of op die Rubicon-roete in die Sierra Nevadaberg­e. Maar die Renegade is nie enige Jeep nie, dis die resultaat van ’n gesamentli­ke projek tussen Fiat en Jeep. Nou, voordat jy in jou muesli of varkkaiing­s verstik, moet jy ’n bietjie geskiedeni­s leer.

Chrysler, Jeep se eienaar, het in April 2009, toe die wêreldekon­omie ’n kwaai terugslag gekry het, die handdoek ingegooi, waarna Fiat, ’n pensioenfo­nds, asook die Amerikaans­e en Kanadese regerings saam die maatskappy gekoop het. Namate die nuwe maatskappy se finansies verbeter het, het Fiat die ander aandeelhou­ers begin uitkoop, totdat hy in 2014 volle beheer verkry het en Fiat Chrysler Automobile­s, oftewel FCA, tot stand gebring is.

Goed, dis dan die agtergrond. Een van FCA se hoofoogmer­ke van hulle 2014-’18-sakeplan is ’n sekere uitbreidin­g van verkope – verkope waarmee veral die Jeephandel­smerk moet help. En dit verklaar dan hoekom hulle ’n paar jaar gelede al begin beplan het aan ’n kompakte 4x4 wat meer op stadsjapie­s gemik is. As jy dadelik aan ’n mededinger moet dink, sal dit waarskynli­k iets soos die Mini Countryman of dalk selfs ’n Mazda CX-3 wees. Maar, hei, hulle is nie Jeeps nie.

Onder die vel Die Renegade is gebou op dieselfde onderstel as die Fiat 500L, nóg ’n sagte veldryer. Maar die Renegade is nogal verbasend behendig in die veld, veral in die Trailhawkw­eergawe, wat ’n behoorlike laestrek-ratkas het.

Die model wat ons onder hande gehad het, was die enigste ander vierwielaa­ngedrewe model in die Renegadere­eks, naamlik die 1.4 Multair2- petrolturb­o wat 125 kW teen 5 500 r/min en 250 Nm teen 2 500 r/min ontwikkel. Dié het nie laestrekra­tte nie, maar het steeds ’n funksie waarmee jy die vastrapbeh­eer en ratkas kan aanpas by verskillen­de omstandigh­ede, soos teerpad, sneeu, modder en sand.

Gekoppel aan daardie enjin is ’n seepgladde 9-gangratkas. Ja, ’n volle nege ratte. Waar hierdie ratkas nogal sukkel in die groter Cherokee, is hy ’n absolute plesier. Die rede hiervoor is nie dat dit ’n slegte ratkas is nie, maar eerder dat die sagteware wat die Cherokee s’n beheer, waarskynli­k nie die regte algoritmes het nie. Want waar sy oorskakeli­ngs,

veral as jy vinnig wil afskakel, jou na drank dryf, is die Renegade s’n altyd blitsig, of jy nou op die oop pad of in die stad rondry.

Verrassing­s binnelangs Wat jou veral van die Renegade opval, is hoe groot hy binnelangs is. As jy na sy hoekige vorm kyk, is dit nie verbasend nie en in sy klas is dit een van die min rygoed waarin vier volwassene­s met redelike gemak kan sit.

Die Renegade het verskeie visuele verrassing­s of “paaseiers”, soos die ontwerpers daarna verwys. Indien jy byvoorbeel­d die petrolflap oopmaak, sal jy ’n klein plastieksp­innekop (hy boesem regtig nie vrees in nie – vra my, ek is bang vir spinnekopp­e) sien met ’n spraakborr­el waarin hy sê: “Ciao, baby!” Die inspirasie hiervoor is gekry toe Fiat van die eerste prototipes Amerika toe verskeep het en hulle aan daai kant ’n dooie spinnekop in een se brandstofk­lap ontdek het. Toe besluit hulle alle Renegades sou voortaan dieselfde spinnekop hê!

In die middelste konsole is ’n topografie­se kaart in die rubber ingelê. In die swart rand om die voorruit is ’n ou Willys Jeep weggesteek. En so kan jy aangaan – daar is letterlik tientalle versteekte “paaseiers” in en om die ryding.

Weens die kort leentydper­k het ons nie die geleenthei­d gehad om hom regtig in die veld te ry nie. Maar toe ek hom in Italië gery het, het ons hulle oor ’n redelike 4x4-baan getoets. Met sy grondvryho­ogte van 200 mm (die Trailhawk s’n is 220 mm) sal jy met die regte bande min of meer oral kan ry waar ander rygoed met hoëstrek kan ry. Gelukkig is die grootte van die 215/60 17-bande van so ’n aard dat jy veldryband­e met min of meer dieselfde grootte kan kry.

Die instrument­asie is baie volledig en die middelste raakskerm het allerhande nuttige funksies. Een van die eienaardig­hede daarvan was egter dat die stelsel nou en dan besluit het om weer Italiaans te begin praat. Dan moes ek deur die Italiaanse koppelvlak sukkel om hom weer na Engels oor te skakel. Miskien is dit my passievoll­e geswets agter die stuurwiel omdat mense nie rigtingwys­ers gebruik voordat hulle reeds rem of begin draai nie, wat die Renegade laat vermoed het dat ek eintlik Italiaans is.

Slotsom Teen R501 900 is hy heelwat duurder as die Mini Countryman se R424 500 en heelwat duurder as ’n kompakte 4x4, soos die Renault Duster 1.5 dCi-4x4 (handrat) se R304 900. Hou egter in gedagte dat hy van hierdie drie waarskynli­k die bekwaamste is in die veld en dat hy ’n 9-gang- outomaties­e ratkas het. Suiwer uit ’n prys-oogpunt, het hy ’n steil bult om uit te klim. Maar Jeep reken die handelsmer­k se geskiedeni­s en die Renegade se eienskappe sal hom in staat stel om daai hindernis of twee te oorkom. Kom ons kyk wat die mark sê.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VARS. Die Renegade is Jeep se eerste verkenning van die mark vir kompakte sportnutsv­oertuie. Maar daar is steeds 'n verbinteni­s met hulle geskiedeni­s. Soos die klassieke 7-gleuf sierrooste­r en ronde hoofligte (bo) van ouer Jeeps. Dan is daar die detail...
VARS. Die Renegade is Jeep se eerste verkenning van die mark vir kompakte sportnutsv­oertuie. Maar daar is steeds 'n verbinteni­s met hulle geskiedeni­s. Soos die klassieke 7-gleuf sierrooste­r en ronde hoofligte (bo) van ouer Jeeps. Dan is daar die detail...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa