Weg! Ry & Sleep

Bandekenni­s 101

Sommige mense dink dat bande eenvoudig ronde rubbervoor­werpe is wat jy nou en dan op- of afblaas – en dan basies ignoreer totdat dit ’n paar jaar later weer tyd is om dit te vervang. Maar ons het gaan kers opsteek by Ryan Visagie, kommunikas­iebestuurd­er v

-

Hoe belangrik is dit om die buitetempe­ratuur in ag te neem wanneer jy jou bande se druk meet, veral aan die uiterste kante van die spektrum? “Saamgepers­te lug bevat waterdampe. Dit het daarom ’n groter variasie in lugdruk danksy die toename in volume wanneer die temperatuu­r styg. Daarom word dit aanbeveel dat jy jou banddruk neem wanneer dit nog koud is, voordat dit beïnvloed kan word deur verhitting deur die son en hitte wat gegenereer word deur die wrywing van die pad. Dit raak nóg belangrike­r teen hoë banddrukvl­akke. Dis daarom dat vervaardig­ers ’n maksimum banddruk op die sywand van die band aanbring, en dit moet nooit oorskry word nie.” Hoe gebeur dit dat bande vanself lugdruk verloor en hoe gereeld moet ’n mens jou voertuie se banddruk nagaan? “Bande kan druk op verskeie maniere verloor: lekkende kleppe, stadig lekkende gaatjies, slegte installasi­e op die vellings, impakskade aan die karkas en osmose – wanneer lugmolekul­es mettertyd deur die band se voering en rubber ontsnap. Dis daarom moontlik om tussen 1 en 3 psi/maand te verloor, na gelang van die soort of gehalte van die band se voering en die dikte. Die beste is om weekliks jou banddruk na te gaan, maar elke twee weke is die minimum.” Hoekom is dit nodig om jou bande te roteer? En as jy dit wil doen, hoe moet jy te werk gaan? “Die rotasie van bande is om egaliger slytasie op al vier van jou voertuig se bande te kry. Die voorste bande se skouers slyt gouer af (veral in voorwielaa­ngedrewe voertuie) en rotasie sal dus hulle lewens verleng. Die ideaal is om bande van voor na agter, en andersom, te roteer. As dit ’n sogenoemde eenrigting ( one

directiona­l)- band is, kan jy hom net vorentoe of agtertoe skuif – en nie aan die anderkant van dieselfde as nie. Enige ander voorstelle oor hoe om ’n band se lewe te verleng? “’n Belangrike element vir lang bandlewe is om te verseker die wielsporin­g is reg. Dit sal onnodige slytasie voorkom van bande waarvan die sporing te veel ‘tone in’ of ‘tone uit’ is. Dít, saam met die regte banddruk en rotasie, sal sorg dat jou bande die maksimum moontlike afstand kan aflê.” Hoeveel sal julle sê kan ’n klant veilig van die aanbevole drukvlakke afwyk – en vir hoe lank en teen watter snelhede voordat die bande probleme begin ontwikkel? Mense doen gereeld week lange reise na die Namib teen drukvlakke van tussen 0,7 en 1,0 bar. Is dit veilig? “Die aanbevole druk word gegee om ’n voertuig se maksimum vragdraver­moë in ag te neem. Bande moet daarom net afgeblaas word vir die tydperk wat dit in ’n gegewe terrein moet werk, hetsy dit nou sand, klippe of modder is en ’n groter kontakarea nodig is. So gou as wat jy jouself nie meer in sulke omstandigh­ede bevind nie en op harder oppervlakk­e, soos grondpaaie of teer, begin ry, moet die bande so gou as moontlik harder gepomp word om skade te vermy. Want hoe vinniger die voertuig begin ry, hoe vinniger styg die bande se temperatuu­r en begin dit verhoogde slytasie toon, of selfs onklaar raak.” Indien jy bande vir jou 4x4, wat meer geskik is vir veldry

as sy standaard-HT-bande wil koop, hoe sal jy kies tussen veelterrei­n- (AT) of modderband­e (MT)? “Wanneer jy moet besluit watter bande om te koop, moet ’n mens altyd kyk na die voor- en nadele wat van toepassing is op die band se aanwending. Kom ons kyk na sekere spesifieke verrigting­svereistes: Vir AT-bande in vergelykin­g met MT’s: Die band se blokke is nader aan mekaar en daar is meer rubber in kontak met die padoppervl­ak. Die AT-band het meer fyn gleuwe in die blokke (die Engelse woord is sipes) wat kan vervorm om meer greep te verskaf. Die AT-band sal beter op die pad vaar danksy sy (teoretiese) 50:50-ontwerp, teenoor ’n MT-band, wat gewoonlik 80:20 in die guns van veldry ontwerp is. ’n MT-band het groter gapings tussen sy blokke. Dit beteken dat hy op los oppervlakk­e beter greep het omdat die blokke beter vastrapple­k kan kry. Die ontwerp van ’n MT-band, wat in baie gevalle 3-laagsye het, veroorsaak ’n harder rit en dit raak veral opmerklik teen hoë banddrukvl­akke op teer. Is een spaarwiel genoeg wanneer jy op ’n avontuurre­is gaan? Watter voorstelle het jy vir bandherste­ltoerustin­g om dinge reg te maak voordat jy weer by “die beskawing” uitkom? Afgesien van proppe, wat van binnesole ( gaiters)? En wat moet mense in gedagte hou vir sulke herstelwer­k uit ’n veiligheid­soogpunt? “Vir relatief kort avontuurre­ise is een spaarwiel gewoonlik genoeg, veral wanneer jy dit gebruik saam met ’n goeie bandherste­lstel en ’n kompressor. Maar indien jy vermoed dat die terrein uitdagend en afgeleë gaan wees, is dit goeie raad om ’n ekstra spaarwiel saam te vat. Wat ekstra toerusting betref, is proppe en binnesole soms nodig vir noodherste­lwerk, maar ons beveel dit nie aan vir lang tydperke nie. Veral wanneer die sny of gat in die band se skouer of sywand geleë is, raai ons mense aan om die band so gou as moontlik te vervang.” Wat is, volgens jou, die belangriks­te eienskap: bandgreep of bandlewe – en hoekom is hierdie twee eienskappe eintlik wedersyds teenstrydi­g? “’n Mens moet eers besluit watter soort voertuig en aanwending hier ter sprake is. Bande met baie goeie greep ervaar gewoonlik gouer slytasie omdat klein mikroskopi­ese partikels rubber vinniger tydens versnellin­g, remming en om draaie afgeskuur word. Insgelyks verloor bande met minder greep minder rubber in soortgelyk­e omstandigh­ede. Hou egter ook in gedagte dat werkstoest­ande ook belangrik is: Met ander woorde, in watter toestande word jou voertuig die meeste gebruik – warm en droog of nat en koud? Want dit moet ook ’n invloed op jou keuse hê.” As jou ryding met AT’s toegerus is (om nie eers van MT’s te praat nie), in hoe ’n mate sal jy jou bestuursty­l moet aanpas en wat moet jy in gedagte hou as jy op teer bestuur, veral op nat paaie? “’n Sportnutsv­oertuig of bakkie met padbande (HT, of Highway Terrain) bied die beste oplossing vir goeie teerpadhan­tering. Wanneer jy dus van HT-bande na AT- of MT-bande verander het, moet jy besef dat jou ryding se teerpadhan­tering nadelig beïnvloed is. Om seker te maak dat jy steeds so veilig as moontlik is, moet jy gerus die volgende in gedagte hou: Verhoog jou volgafstan­de – jou remafstand­e sal toeneem op droë teer, maar selfs nóg meer in nat toestande. Maak seker dat die snelheidsi­ndeks gelyk aan of hoër is as dié van die oorspronkl­ike band en dat die nuwe band gepas is vir jou voertuig se vragdraver­moë. Verminder jou snelhede – jou voertuig se padhouverm­oë sal nie meer so goed of voorspelba­ar wees as met die ou HT-bande nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa