Weg! Ry & Sleep

ZOELOELAND-SLAGVELDE Beleef KZN se slagvelde!

Ontdek die slagvelde van Zoeloeland saam met Bhejane 4x4, WegRy se toervennoo­t, op ’n toer deur die geskiedeni­s wat strek van die dinastieë van die Zoeloes tot die aankoms van die trekkers en die Anglo-Zoeloe-oorlog.

-

DÍS WAT JY KAN VERWAG: DAG 1

Ons ontmoet mekaar by die Mvoti Ultra City, sowat 70 km noord van Durban. Dis ’n kort rit van hier tot by die eerste slagveld van die Anglo-Zoeloe-oorlog. Ons volg die verloop van die gevegte verder op pad na Eshowe, waar ons die aand deurbring.

DAG 2

Ná ontbyt besoek ons die geboortepl­ek van die Zoeloes en leer oor hulle dinastieë van omtrent 1560 tot vandag. Dan besoek ons die uMgungundl­ovukultuur museum en D ingaan se nedersetti­ng( waar Pie t Retief ens y geselskap vermoor is ). Teen die einde van die dag sal ons ook van die einde van die oorlog geleer en die plek besoek het waar dit plaasgevin­d het. Ons kuier om ’n kampvuur en slaap in Ulundi.

DAG 3

Ons besoek die Ondini-kultuurmus­eum en stap om Cetshwayo se nedersetti­ng, waar ons die drie-oor-beker wat koningin Victoria aan hom gegee het, sal sien. Dan verlaat ons eers die oorlogsges­kiedenis om ’n piekniek in die iMfolozi-natuurrese­rvaat te geniet. Die middag is joune.

DAG 4

Vandag mik ons na Vryheid en die finale rusplek van koning Senzangakh­ona kaJama, die pa van die konings Shaka, Dingaan en Mpande. Dis die Zoeloes se heiligste grond. Dan hou ons stil by die plek waar die Slag van Bloedrivie­r plaasgevin­d het en ry na ’n gedenkplek vir Napoleon Bonaparte III se seun.

DAG 5

Vandag besoek ons kolonel Wood se skuiling, waar die Slag van Khambula plaasgevin­d het. Hier het die oorlog gedraai. Dan mik ons na Dundee en maak gereed om die volgende dag oor die mees ikoniese slagveld in die oorlog te leer.

DAG 6

Ons volg in die voetspore van die Zoeloekryg­ers tot in Isandlwana en sien die slagveld van dieselfde plek as wat die izinDuna, die Zoeloe-koning se verteenwoo­rdigers, dit gesien het. Ons sien ook die plek waar lord Chelmsford gekampeer het terwyl die Slag van Isandlwana aan die gang was én besoek die slagveld. Dan volg ons die pad wat die oorlewende­s na Fugitives Drift gevolg het en sien Rorke’s Drift, waar 110 soldate die fort vir 12 uur gehou het.

DAG 7

Ná ’n lekker ontbyt sê ons tot siens.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa