Weg! Ry & Sleep

Lekker vas op wittebrood!

Enige uitstappie in ’n 4x4 kan in ’n gemors ontaard, daarom moet jy maar altyd voorbereid wees vir ’n voertuighe­rwinning. Selfs op jou wittebrood.

- MEGAN EN VICKUS TROMP Pretoria

Ek en my man was nog maar net vier dae op ons wittebrood toe ons ’n ander betekenis aan die spreekwoor­d “we got stuck on honeymoon” ontdek het.

Ons het van Clanwillia­m af tot by Lambertsba­ai gery, by ons huisie ingeklok en toe besluit ons wil strand toe ry. Op die teerpad daarheen sien ons ’n paar paadjies wat op die duine loop en besluit ons wil gaan kyk. My man bestuur en kort nadat ons op die duine begin ry, wil ons Land Rover Discovery 2 net nie verder loop nie. Let wel, die bande was nog tot 2,5 bar gepomp. Ons blaas toe die wiele af tot 1,2 bar en daar ry ons verder.

Later kom ons op ’n punt waar ’n bord lees “No trespassin­g” en ons draai om. My man sê toe ek moet ’n bietjie bestuur. Sonder om te huiwer klim ek agter die stuur in. Na ’n rukkie besluit ons om stil te hou en op die strand te gaan loop. Ek het egter die verkeerde plek gekies om stil te hou en kry instruksie om op ’n ander plek stil te hou. Ek begin agteruit ry in my spoor, of só het ek gedink, want toe ek weer sien, is dit nie meer in die spoor nie. Hier was die sand dik en los – en daar begrawe ek die Discovery in die sand.

My man staan buite en neem video’s en foto’s en lag vir my. Ek klim toe uit, maar waar ek gewoonlik ’n afstand grond toe verwag, raak my voete nou sand terwyl my sitvlak nog op die sitplek is. Ek stap om die voertuig om te kyk hoe erg dit is en besef met ’n skok ons moet op een of ander manier hier uitkom. Hier was niemand wat ons kon uitsleep nie!

Ons blaas die bande af tot 0,5 bar, maar nee, die Landy staan net. Ek gaan haal die graaf af en my man die highlift jack, en so begin ons die kar optel uit die sand uit.

Ek het probeer om sand van onder die kar uit te grawe, maar hoe meer ek grawe, hoe meer sand val terug. Uiteindeli­k het ek een kant oop en begin grawe op die ander drie wiele. My man het uiteindeli­k al die wiele opgelig en hulle bo-op die sand gesit. Toe hy klaar was, het hy in die kar geklim en verder gery.

Ek het soos ’n aap gevoel, maar dit tog geniet. Ek het ook ’n oefensessi­e van ’n ander aard gekry en het die volgende dag daarvan geweet. Maar nou het ons ook ’n storie van ons honeymoon wat ons nooit sal vergeet nie!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? SAND NET WAAR JY KYK. Wees altyd gereed vir die ergste – al is dit wanneer jy veronderst­el is om op jou wittebrood te ontspan.
SAND NET WAAR JY KYK. Wees altyd gereed vir die ergste – al is dit wanneer jy veronderst­el is om op jou wittebrood te ontspan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa