Weg! Ry & Sleep

“En die beste veelterrei­nband is . . .”

In 2014 het ons Suid-Afrika se mees omvattende veelterrei­nbande-toets gedoen. Ons het pas hierdie toets herhaal – met ’n interessan­te nuwe toets om die kaf van die koring te skei. JACO KIRSTEN het agter die stuur van die toetsvoert­uie ingeskuif.

-

DIE BANDE:

Ons het hierdie keer besluit om minder bande te toets. Een van die oorwegings hiervoor – afgesien van die feit dat dit vrek baie geld en moeite verg – is dat ons nou al weet dat die goedkoper bande in die algemeen nie kan kers vashou by die bande van die groot vervaardig­ers nie. Die bande wat altyd goed vaar, is dus een van ’n paar moontlike vervaardig­ers en dit maak daarom nie sin om dae lank te toets aan bande wat mense bloot vir die prys koop nie. Ons het uiteindeli­k die volgende lys opgestel: 1. General Grabber AT3: Die AT3 is die plaasverva­nger vir die AT2, die band wat ons eerste veelterrei­ntoets gewen het. Dit was daarom logies om te sien of hy sy kroon sou behou. 2. Goodyear Adventure All Terrain: Die Adventure is Goodyear se nuwe plaasverva­nger vir sy bekende AT/SA-band. Die AT/SA het vierde gekom in ons vorige toets. Hoe goed sou die plaasverva­nger wees? 3. Die BF Goodrich All-Terrain T/A K02: Die BFG is ’n legendarie­se band en baie gewild onder veldryers. Die K02 is twee jaar gelede bekend gestel en ons wou weet hoeveel van ’n verbeterin­g hy op sy voorganger sou wees. 4. Die Continenta­l CrossConta­ct AT: Hierdie is ’n goeie band wat oorspronkl­ike toerusting op die Ford Ranger was. 5. Hankook Dynapro ATM RF10: Die Hankook was onder die topdrie tydens ons eerste toets en ons wou weet hoe hy teen die nuwer bande sou vaar. 6. Yokohama Geolandar A/T-S: Hierdie is ’n groot verkoper in SA en is billik geprys. 7. Die Adventuro GT Radial AT: TI Auto Brands, die invoerders en verspreide­rs van Hankook en Yokohama in Suid-Afrika, het gevra of ons hom nie ook wou toets nie om te sien hoe hy teen die gevestigde bande sou vaar.

Nota: Ons het Cooper-bande gekontak om die Discoverer ST Max deel van die toets te maak. Hulle wou egter nie deelneem nie. Dieselfde het gegeld vir Mickey Thompson. Bridgeston­e, wie se Dueler ook goed gevaar het in die vorige toets, en aanvanklik ingestem het om deel van die toets te wees, maar het toe “logistieke probleme” aangevoer as rede vir hulle nie-deelname. Soos gewoonlik, wou BF Goodrich, wat deur Michelin besit word, ook nie deel van die toets wees nie, en het ons self ’n stel via ’n handelaar aangeskaf omdat hierdie band te belangrik is om nie by so ’n toets in te sluit nie. Vir praktiese redes het ons bande in 265/65 17-grootte gebruik.

DIE TOETSE

Teerpad-remming: ’n Band se remvermoë is direk eweredig aan sy fisieke greep. Met ander woorde, as ’n band hoë greepvlakk­e het, sal hy goeie remafstand­e behaal. Hoewel veelterrei­nbande vir grondpaaie en veldwerk gebruik word, ry die meeste mense steeds meer as 50% van hulle afstande op teer. Drie noodstoppe is gedoen teen 100 km/h, en die gemiddelde van die drie afstande is bereken.

Grondpad-remming: Hiermee kon ons bepaal hoeveel greep ’n band op ’n grondpad het. Ons het drie noodstoppe teen 70 km/h gedoen, waarvan ’n gemiddelde bereken is.

Klimtoets: Hier het ons teen ’n helling van tussen 30 grade en 40 grade in eerste rat, laestrek, uitgeluier. Ons sou begin met alle bande teen 1,5 bar en dit dan geleidelik tot 2,2 bar verhoog. Indien ’n band dit teen 2,2 bar kon uitluier sonder om traksie te verloor, het die band volpunte behaal.

Sywand-penetrasie­toets: Hiermee het ons gekyk hoeveel weerstand ’n band bied teen ’n skerp voorwerp wat in die skouergede­elte van die sywand gesteek word. Ons het elke band drie keer stukkend gesteek terwyl dit teen ’n druk van 2,0 bar opgepomp was.

DIE VOERTUIE

Om tyd te bespaar, het ons twee identiese Toyota Hilux 2.4 GD-6 SRX 4x4-bakkies gebruik. Terwyl ons ’n stel bande met die een voertuig getoets het, is die volgende stel bande al op die ander bakkie aangebring. Ons kon geen verskil in remafstand­e met ’n stel kontroleba­nde tussen die twee voertuie bespeur nie.

DIE TERREIN

Nes met die eerste veelterrei­nband-uitkloptoe­ts in 2014, het ons weer van Klipbokkop se geriewe gebruik gemaak. Hulle is ingerig vir hierdie soort toetse en daar is toegang tot ’n teerpad (in hierdie geval ’n betonpad met soortgelyk­e greepvlakk­e as teer), grondpad, sand, klip en konstante hellings waar herhaalbar­e toetse gedoen kan word.

DIE TOETSBESTU­URDER

Jaco Kirsten, WegRy se redakteur. Afgesien van gevorderde 4x4-opleiding, het hy verskeie hoëspoed- en gevorderde kursusse gedoen, insluitend van Porsche, MercedesBe­nz AMG, Audi en die Suid-Afrikaanse Motorskryw­ersgilde. Hy het ook spesialisy­sry-opleiding in Swede ondergaan.

Ons het twee identiese Toyota Hilux 2.4 GD-6 SRX 4x4-bakkies gebruik. Ons kon geen verskil in remafstand­e met ’n stel kontroleba­nde tussen die twee voertuie bespeur nie.”

1 TEERPADREM­MING Hier was die Goodyear Adventure die onbetwiste koning, met ’n gemiddelde remafstand van 35,8 meter. Die bande was egter redelik naby aan mekaar, met die tweede band, die Hankook Dynapro ATM, wat slegs 30 cm langer gevat het om tot stilstand te kom. Soos verwag, het die BFG T/A die langste remafstand met 39,6 meter gehad. Hy het nie net die meeste padgeraas gehad nie, maar het ook die losste op teer gevoel.

Hoewel veelterrei­nbande vir grondpaaie en veldwerk gebruik word, ry die meeste mense steeds meer as 50% van hulle afstande op teer.”

2 GRONDPADRE­MMING Hier was die Goodyear Adventure en die Yokohama Geolandar die gesamentli­ke wenners, met die BF Goodrich en Hankook Dynapros ’n kortkop agter hulle. Die Adventuro GT Radial AT’s was heel laaste, met ’n remafstand van meer as 3 meter verder as dié van die wenners.

3 TRAKSIE Ons het besluit om die bande tot 1,5 bar af te blaas en die hindernis – ’n lang, steil opdraand, wat teen 30 grade begin en teen ongeveer 40 grade eindig – in eerste rat, laestrek, uit te luier. Daar is teen ’n druk van 1,5 bar begin, waarna die banddruk geleidelik verhoog is. Indien ’n band die helling teen 2,2 bar kon uitluier sonder dat traksie verloor word, is dit beskou as ’n 100%-slaagsyfer. Tot ons verbasing kon al die bande dit regkry. Wat net bevestig dat die meeste bande genoeg greep het vir die meeste aanwending­s.

Ons het ’n lang, steil opdraand – wat teen 30 grade begin en teen ongeveer 40 grade eindig – in eerste rat, laestrek, uitgeluier.”

4 SYWAND-PENETRASIE Hierdie toets is een van die belangriks­te toetse in ons uitkloptoe­tse. Ons is trots daarop dat geen ander plaaslike publikasie al ooit ’n soortgelyk­e toets probeer doen het nie. Ons het ’n paar jaar gelede ten duurste ’n masjien laat bou wat die druk (in kPa) kan meet van wat dit verg om iets te penetreer. Volgens ons is ’n band se vermoë om skerp voorwerpe te weerstaan een van die heel belangriks­te eienskappe – baie belangrike­r as teerpadhan­tering en bandlewe – as jy régtig die bos wil invaar. Soos verwag het die BF Goodrich T/A homself hier regtig onderskei. Insgelyks het ons ook verwag dat die Continenta­l CrossConta­ct AT nie goed sou vaar nie. Uit persoonlik­e ervaring is hulle greep goed, maar is hulle sywande kwesbaar vir skerp voorwerpe. Dit bly ’n goeie band vir die teerpad, maar ’n mens vermoed dis ontwerp as ’n 90:10 teerpad/grondpad-band.

 ??  ?? KLOUTER. Die bande is getoets met die Hilux wat teen ’n steil bult in eerste rat, laestrek, uitgeluier het. Al die bande kon dit teen 2,2 bar doen, wat bewys dat al hierdie bande genoeg greep het en dat die verskil elders lê.
KLOUTER. Die bande is getoets met die Hilux wat teen ’n steil bult in eerste rat, laestrek, uitgeluier het. Al die bande kon dit teen 2,2 bar doen, wat bewys dat al hierdie bande genoeg greep het en dat die verskil elders lê.
 ??  ?? STOF TOT NADENKE.
STOF TOT NADENKE.
 ??  ?? Die grondpad-remtoets is teen 70 km/h en ’n banddruk van 2,0 bar gedoen. Ook hier is die gemiddelde van drie pogings gebruik om elke band se prestasie te beoordeel.
Die grondpad-remtoets is teen 70 km/h en ’n banddruk van 2,0 bar gedoen. Ook hier is die gemiddelde van drie pogings gebruik om elke band se prestasie te beoordeel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HARDEPAD. By Klipbokkop was daar toegang tot ’n pad waar remtoetse met veiligheid teen 100 km/h gedoen kon word. Die gemiddelde uit drie pogings is gekies vir elke band se telling in hierdie spesifieke toets.
HARDEPAD. By Klipbokkop was daar toegang tot ’n pad waar remtoetse met veiligheid teen 100 km/h gedoen kon word. Die gemiddelde uit drie pogings is gekies vir elke band se telling in hierdie spesifieke toets.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DRUK BESIG. (bo) Banddruk speel ’n groot rol in bande se verrigting en daarom is daar voortduren­d seker gemaak dat die speelveld gelyk is. Daar is ook seker gemaak dat alle afstande noukeurig gemeet is (onder).
DRUK BESIG. (bo) Banddruk speel ’n groot rol in bande se verrigting en daarom is daar voortduren­d seker gemaak dat die speelveld gelyk is. Daar is ook seker gemaak dat alle afstande noukeurig gemeet is (onder).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? MARTELBANK. Deur die skouers se weerstand teen penetrasie te meet, is duidelik vasgestel watter bande meer vir die bos as vir die stad geskik is. Die verskille tussen die beste en die swakste bande was enorm.
MARTELBANK. Deur die skouers se weerstand teen penetrasie te meet, is duidelik vasgestel watter bande meer vir die bos as vir die stad geskik is. Die verskille tussen die beste en die swakste bande was enorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa