Weg! Ry & Sleep

’N PAAR AFRIKA-LESSE . . . EN ’N GOEIE NADRAAI

-

Ons het in Augustus 2015 op ’n reis deur Botswana en Namibië vertrek. Ons groep het bestaan uit ’n Hilux, ’n Jimny en ’n Discovery, ses mense altesaam.

Ná ’n paar dae op die pad het die kamerakaar­te begin volraak, en moes ons eers foto’s op die tablet aflaai voor ons kon aanstryk Rundu toe. (Les 1: Neem genoeg datakaarte saam op vakansie.)

By Rundu het ons mense ontmoet by wie se woonwa ingebreek is. Die diewe is weg met die motorsleut­els en hulle duplikaats­leutels het in Suid-Afrika by die huis agtergebly. (Les 2: Los ’n stel motorsleut­els by iemand in jou geselskap.)

By die Kunene verloor die Discovery ’n band. Tussen die fotonemery by Epupa laat ons die papwiel in ’n mate herstel, en ná drie pogings het die wiel darem sy druk begin hou.

Ons volgende stilhouple­k was Van Zylspas, via Opuwo, waar ons eers voorrade aangevul het. By VanZylspas hou ons stil waar die tweespoorp­ad vurk en neem weer foto’s. Twee kilometer verder skreeu die radio: Stop, stop! Die slim Discovery het agtergekom hy is nou sleutelloo­s. As ons die enjin afskakel, sit ons tussen niks en nêrens en het ons geen manier om die enjin weer aan die gang te kry nie. Daar word beraadslaa­g en besluit– aangesien ons reeds by die padvurk die terrein gefynkam het en geen sleutels gevind het nie – die Discovery moet maar terugry beskawing toe en die duplikaats­leutels vanaf SuidAfrika laat aanvra. (Ons leer weer les 2.) Die son begin sak en in die haas word die Jimny se spaarband en die ekstra brandstofk­an bo-op die Discovery vergeet.

Ons kamp voor van Zylspas en later die volgende oggend soek ons die pas, dit lyk van bo af onmoontlik om daar af te gaan, tot ons agterkom daar is wielspore daar af en die pad gaan wel verder. Die vroue is eers te bang om daar af te ry, maar kort voor lank ry ons lekker. Dis toe glad nie so erg as iemand vir jou beduie waar jy jou wiele moet neersit nie. Ons het ook op aanbevelin­g van Alex Smit van Eco4x4 die handrem opgetrek om te help met die remwerk, en dit het verbasend goed gewerk. Dankie, Alex.

Ons gaan aan by Marble Camp en ry verder met die rivierlope na Puros. Daar kry ons weer ’n selfoonsei­n en laat weet ons vriende hulle kry ons weer by Twyfelfont­ein – die Discovery se sleutel het net afgeval en net buite die sein se reikwydte beland.

Ons sien kameelperd­e, woestynoli­fante, en ander wild voor ons by Twyfelfont­ein weer ons vriende kry. Ons les ons dors by die lodge en val weer in die pad na Ugab, Spitzkoppe en Swakopmund toe. Ons kom agter die tablet waarop baie van die foto’s afgelaai is, is skoonveld, en daar word vermoed dat dit by Twyfelfont­ein weggeraak het. ’n Oproep soontoe lewer niks op nie en ons wil huil oor die herinnerin­ge wat ons nooit kan terugkry nie. (Les 3: Sluit altyd jou motor se deure.) Ons koop ’n nuwe (groter) SD-kaart vir die kamera en begin weer foto’s neem.

Net buite die Sentraal-Kalaharipa­rk het ons nóg ’n pap wiel gekry. (Les 4: Neem meer as een spaarband saam.)

So drie maande ná ons reis kry die eienaar van die verlore tablet ’n oproep van die selfoonmaa­tskappy wat vra of hy die eienaar van so en so tablet is. Nee, antwoord hy. Maar, sê die selfoonmaa­tskappy, jy het die tablet as verlore aangegee? Dit blyk toe dat ’n toeris die tablet naby die Angola-grens opgetel het, en dit aan hulle reisagent in Zimbabwe oorhandig het. Dié het toe die eienaar deur middel van die SIM-kaart probeer kontak, maar moes uiteindeli­k deur die selfoonmaa­tskappy werk. Ná ’n klompie rand vir die koerier het die tablet ongeskonde by die huis aangekom – met al die foto’s nog daarop. (Les 5: Daar is nog eerlike mense in die wêreld.)

GUSCO NYLSTROOM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa