Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

GPS: S33.264264 E18.224331 Naaste dorp: Yzerfontei­n

- Kontak: Frikkie Loubser 022 451 2824; bookings@buffelsfon­tein.com

Hoe lyk die roetes? Buffelsfon­tein se sandroete lê in ’n sirkel oor dié natuurrese­rvaat. Behalwe vir ’n bult of twee in ’n sandspeelp­ut is daar nie spesifieke hinderniss­e nie. In die droë maande is die sand egter so los dat byna die hele roete ’n hindernis word.

Het ek ’n 4x4 nodig? Wanneer die sand baie droog en los is, sal jy ’n 4x4 met laestrek nodig hê om nie vas te val nie. ’n Agterste ewenaarslo­t sal dan ook baie help. Die sand hou geen risiko vir bande in nie, maar as jy met padbande kom ry, moet jy mooi kyk vir die droë takke wat plek-plek gevaarlik uit die sand steek. In die wintermaan­de ná die reën sal die roete aansienlik makliker wees.

Waar kan ek bly? Hier is ’n boskamp in die duine met permanente tente en goeie geriewe (geen elektrisit­eit nie), asook ’n klomp ander netjiese verblyfple­kke, van luukse kothuise tot selfsorgee­nhede en ’n groot selfsorg-gastehuis.

Wat kan ons nóg doen? Buffelsfon­tein sal jou en jou gesin vir lank kan besig hou. Hier is leeus, jagluiperd­s en ’n seldsame swartluipe­rd wat jy kan besoek. Die katte loop nie wild rond nie, maar jy kan saam met ’n gids by die jagluiperd­s se hok ingaan. Verder is hier wildritte, ’n groot restaurant en kroeg, watergate waar jy kan wildkyk, ’n swembad, skyfskiet en kleiduifsk­iet.

Koste: R250 vir die eerste voertuig en R50 per persoon daarna (minimum van drie voertuie op die roete). Die verblyfpry­se wissel van R135 p.p. in die boskamp as jy jou eie tent en beddegoed bring, tot R660 p.p. vir die selfsorgee­nhede (buite seisoen) en R5 350 vir die gastehuis (20 mense). Besoek www. buffelsfon­tein.co.za vir ’n volledige pryslys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa