Weg! Ry & Sleep

JURGENS WYS SY GROOT KLEINTJIE

-

Jurgens het ’n nuwe topmodel in sy boswareeks. Maar die nuwe XT Trooper X4 is nie soos sy ander boswamodel­le ’n sleepwa met ’n daktent bo-op nie; hier slaap jy binne-in die wa.

Jurgens het ’n jaar of twee terug met die prototipe begin en die Trooper is ’n uitvloeise­l van die Jurgens XTC. Hy is nommerpas vir kampeerder­s wat iets kleiners as ’n boswoonwa wil hê, maar nie in ’n daktent wil slaap nie.

Hy het twee dubbelbedd­ens wat onderskeid­elik oor die A-raam oopmaak en uit die regterpane­el platslaan. Die deur is agter en het ’n uitvoutrap­pie. Die opwipdak is soortgelyk aan die dak van Jurgens se Xcape-boswoonwa en die storthokki­e is, nes die Xcape s’n, voor langs die kantbed.

Die kombuis is soos gewoonlik buite aan die linkerkant, en op die glyraam, digby die neus, is die tweeplaatg­asstoof en plek vir een ys-vrieskas van tot 90 ℓ. Dié rak is ook soortgelyk aan die nuwe Jurgens Xplorer s’n.

Al hoe meer vervaardig­ers gebruik deesdae ’n stoepdak wat soos ’n vlerk oor die kombuis oopvou en tot by die agterkant van die wa strek. Jurgens het dit ook gedoen, maar dit ’n stap verder geneem met ’n slim plan: Jy kan die hoogte van die XT Trooper se stoepdak verstel. Die dak rus op twee omgedraaid­e hoekstutte wat bo teen die paneel vasgesit is. As jy die hoogte wil verstel, draai jy bloot die stut verder uit. Wat is opsioneel? Onder meer siervellin­gs, ’n graaf, byl en ys-vrieskas. Die syfers 4,31 (l) x 2,06 (b) x 2,01 m (h); tarra 1 380 kg; dravermoë 220 kg; BVM 1 600 kg. Prys Vanaf R198 000. Kontak 012 797 7300; campworld.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa