Weg! Ry & Sleep

Nuwe buksie!

-

In die laaste paar jaar het heelwat klein veselglasw­oonwaens die lig gesien – die Serai Weekender is die nuutste toevoeging. Dis gemik op paartjies met ’n klein sleepvoert­uig wat lig wil sleep en nie sukkel met opslaan nie, sê Christo Paulsen, die ontwerper en bouer.

Dié soort waens het gewoonlik net ’n dubbelbed in, maar die Weekender het twee enkelbedde­ns wat teen die kante ingebou is. Die ruimte onder die beddens is jou pakplek in die wa, en die ruimte tussen twee beddens is groot genoeg om ’n bergfiets in te pas sonder om dit uitmekaar te haal.

Die Weekender het nie sydeure nie, maar een groot agterteur. By die agterdeur staan ’n Defy-kroegyskas.

Dié wa het, soos die meeste van sy soort, nie ’n neuskas op die A-raam nie, maar Christo het ’n kas voor in die romp ingepas wat van kant tot kant onderdeur die beddens strek en ’n deurtjie aan elke kant het. Dis selfs groot genoeg om ’n gazebo in te laai.

Die veselglasr­omp is op ’n gegalvanis­eerde onderstel gemonteer, en Christo gebruik ’n rubberwrin­gas soos wat ’n mens op die groter padwaens sien.

Die Weekender het 13”bande met staalvelli­ngs, en op die agterhoeke is twee hoekstutte om die wa stewig te laat staan sodra jy kamp opslaan.

Wat is opsioneel? ’n Opwipdak en dubbelbed. Die syfers 3,7 (l) x 1,8 (b) x 2,05 m (h); tarra 380 kg; dravermoë 310 kg; BVM 690 kg. Prys Vanaf R89 500. Kontak 072 849 6100 of 078 039 3822; admin@serai.co.za; serai.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa