Weg! Ry & Sleep

Toyota bly tops

-

Syfers vir Mei het getoon Toyota Suid-Afrika het weer die meeste voertuie in Suid-Afrika verkoop. Toyota het in dié maand nie minder nie as 9 601 voertuie van die hand gesit – 3 215 meer as sy naaste mededinger – en só amper ’n kwart (23%) van die mark sy eie gemaak.

Sportnutsv­oertuie bly van die vervaardig­er se gewildste voertuie, met 2 150 wat verkoop is. Die nuwe Fortuner is in Mei in 1 249 motorhuise geparkeer, terwyl 420 RAV4’s baas gekry het. Dié syfers het gesorg dat die Fortuner en RAV4 onderskeid­elik die topverkope­rs in die segmente vir groot en middelslag-sportnutsv­oertuie was. Die resultate wys ook die voortgeset­te gewildheid van die Hilux: Dié bakkie het 32,2% van sy marksegmen­t verower, danksy 2 758 eenhede wat handelaars se vloer verlaat het.

Internasio­naal het Toyota in die jaarlikse BrandZ-peiling van die top 100 handelsnam­e ter wêreld sy titel behou as die wêreld se gewildste motornaam. Dis die negende keer dat Toyota dié titel verower in die twaalf jaar dat die peiling gedoen word.

Die vervaardig­er blyk egter nie net gewild te wees vir sy petrol- en dieselvoer­tuie nie; verbruiker­s het die maatskappy ook punte gegee vir nuwe tegnologie soos die Mirai, ’n voertuig wat met waterstofb­randstofse­lle werk, en die Concept-i-selfrymoto­r.

Net soos die plaaslike data wys dié peiling ook ’n skynbaar onstuitbar­e verskuiwin­g na sportnutsv­oertuie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa