Weg! Ry & Sleep

Tuis in die kombuis

-

Die hele linkerkant buite is een groot kombuis. ’n Tamaai glyraam trek digby die A-raam uit met plek vir twee ys-vrieskaste asook twee eenplaat gasstowe. Die oopgeslaan­de deur van die glyraamkas en die uitgetrekt­e glyraam klik met knippe en hakies aan mekaar vas om alles stewig te hou – nóg ’n slim plan.

In die toetswa is die een gasbottel op die glyraamrak, maar in die nuwe modelle is twee gasbottels teen die agterkant van die wa vasgesit. Die laai vir al die eetgerei trek onder die glyraam uit en op die punt van die raam is nog ’n uittrekraa­m waarin die opvou op wasskottel en-skottelgoe­d droog rak pas. Die skottel en rak pas in hulle eie aparte raam hierin en jy lig dit met behulp van armpies op uit die hoofraam. (In die nuwer modelle is hierdie skottelgoe­drak vervang met ’n laai wat hoër uittrek.)

Agter die twee stofies is ’n pottelaai wat kant toe oopmaak.

Die toetswa se kombuiskas bo die wiel het ’n deur wat boontoe oopmaak en as dakkie dien, met een wat na onder oopmaak en jou werkblad vorm. Die nuwe waens het ’n enkeldeur wat platslaan.

Die werkblad is net so slim soos die inklimtrap­pie. Dis van vlekvrye staal en het slegs aan die voorkant ’n randjie, wat beteken jy maak maklik skoon na die kante toe. Ander vervaardig­ers kan dit gerus maar oorweeg.

Die pakplek vir jou kruidenier­sware is in die romp agter die werkblad en bestaan uit verskillen­de groottes hokkies waarin jy enigiets van kosblikke en blikkiesko­s tot ’n paar bottels wyn kan inpas.

Die deur van die kleiner kas regs van die wiel slaan ook af en vorm nog ’n werkblad; hier is plek vir ’n 20 ℓ-mikrogolfo­ond.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa