Weg! Ry & Sleep

REDAKTEURS­BRIEF

- REDAKTEUR

Hier is hy: Jou heel eerste Weg Ry & Sleep.

Die tydskrif is nuut, ja, maar hy is nie vreemd en onbekend soos daardie nuwe intrekker in jou buurt nie. Ons bou immers voort op die resep en sukses van

WegRy, Drive Out en WegSleep, wat tot hulle laaste uitgawes verlede maand jare lank die markleiers was. Ons bou ook voort op die lekker styl, gevoel en goeie inhoud van die twee voorganger­tydskrifte.

Die joernalist­e, rubriekskr­ywers en medewerker­s is ou bekendes en gesoute reis-, kamp- en motorjoern­aliste – mense soos Leon Botha, Charles Thompson, Schalk Jonker, Evan Naudé, Mic van Zyl, Neels van Heerden, Villiers Steyn, Chris van der Watt... noem maar op.

En wat is ’n avontuurre­is of kamp sonder lekker kampkos? Aletta Lintvelt, kosredakte­ur van ons sustertyds­krifte

Weg en Platteland, is nou ook óns kosredakte­ur. Aletta kán kampkos maak en gaan elke maand vir jou op ons kosblaaie kook en braai.

Vir die eerste uitgawe van jou nuwe dikker tydskrif het ons by Valsbaai in die Kaap en Valsbaai in KwaZulu-Natal gaan kamp. (Ja, daar is twee van hulle.) Ons het ook vir jou 4x4-agterpaaie in Lesotho gevat en ouder gewoonte voertuie en waens getoets – daar’s die jongste 4x4’s, ’n kampwa en ’n sleepvoert­uig, en op bl. 16 gee ons vir jou die jongste nuus uit die motor- en woonwawêre­ld.

Dis lekker om vir ons Engelse lesers die eerste keer ons sleep- en kampstorie­s plus woonwanuus in hulle taal te gee. Dis iets waarvoor hulle al lankal vra.

Lekker lees aan jou eerste Weg Ry & Sleep.

Ry, sleep en kamp lekker – en laat hoor van jou – stuur gerus ’n e-pos na rysleep@ weg.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa