Weg! Ry & Sleep

KAMPKOMBUI­S

-

Kampkos kan lekker en moeitelos wees ! Vir elk van dié resepte het jy slegs vyf bestanodig. nddele*

BOONTJIE-QUESADILLA Manjifiek Mexikaans

Met ’n pak wraps kan jy ver gaan, want dit neem min plek op en hoef nie in ’n yskas gebêre te word nie. Die eg Mexikaanse salsa sorg vir ’n heerlike geur, maar as jy in die knyp is, kan jy tamatiesmo­or gebruik. Kinders is mal daaroor!

Jy benodig

(genoeg vir 4) ½ ui, gekap 2 blikkies (410 g elk) swartof rooibone, gedreineer 1 bottel (235 g) Mexikaanse salsa 1 koppie gerasperde mozzarella­kaas 4-6 wraps

Só maak jy

1 Braai die ui in botter of olie tot sag. Gooi die bone en die helfte van die salsa daarby en prut dit tot geurig. Druk van die bone fyn, sommer met ’n vurk. Geur dit na smaak met sout en swartpeper. Skep dit uit en vee die pan skoon.

2 Sit een wrap in die pan, skep van die boontjies daarop, en sprinkel lekker baie kaas oor. Skep ’n bietjie salsa by, indien nodig (moenie die wrap te vol maak nie). Sit ’n tweede wrap bo-op en braai dit liggies totdat die kaas begin smelt en die onderkant goudbruin is. Dop die wrap om en braai die ander kant.

3 Sny die stapel in wiggies en eet dit dadelik met die res van die salsa. Vir ’n feesmaal kan jy ’n fyngedrukt­e avokado, suurroom of rissiesous bysit. Weg Ry & Sleep sê Hierdie wrap-“toebroodji­e” is heerlike padkos. Laat dit afkoel as dit uit die pan kom en draai dit dan in foelie toe.

BOTTERHOEN­DERKERRIE Mmm… romerig

Hierdie eenvoudige kerrie is matig en romerig – en ’n treffer by jonk en oud. Die hoender word gebraai en dan by die sous gevoeg, wat dit ’n ekstra rokerige geur gee. Probeer tamatiepas­sata gebruik – dit sorg vir ’n lekker gladde, romerige tekstuur. Jy benodig (genoeg vir 4) 500 g ontbeende hoenderbor­sies 4 eetlepels matige kerriepoei­er 500 ml dik Griekse jogurt 1 ui, fyngekap 500 ml tamatiepas­sata (of gekapte geblikte tamatie) Só maak jy

1 Sny die hoender in blokkies en sit dit in ’n Ziplock-sakkie saam met 2 eetlepels kerriepoei­er en 1 koppie jogurt. Marineer dit vir minstens 1 uur in die yskas, maar verkieslik oornag.

2 Braai die ui en die res van die kerriepoei­er in 4 eetlepels botter tot sag. Voeg die passata by en prut dit tot dik en geurig. Roer die jogurt by en hou dit eenkant warm.

3 Ryg die hoenderstu­kkies op sosatiesto­kkies en braai dit oor matige kole tot sappig en gaar. Stroop die vleis van die stokkies af en roer dit deur die sous. Verhit dit tot warm, maar nie kokend nie. Proe en geur dit na smaak met nog sout en peper.

Weg Ry & Sleep sê Vir ’n geuriger kerrie, koop ’n nat kerriepast­a wat ook gemmer en knoffel saam met die speserye in die mengsel het. Of voeg ’n lekker skep fyngekapte knoffel by die pruttende sous om dit meer geur te gee.

ONTBYTPAN-BRAAIPASTE­I Vir die kole of ketelbraai

Gebruik filodeeg vir ’n ligter pastei en maak dit in ’n wye platboomsw­artpot oor die kole (of gebruik ’n groot pan met ’n deksel).

Jy benodig

(genoeg vir 6) 250 g strepiespe­k, gesnipper 500 g sampioene, gesny 4-5 velle filodeeg 2 wiele fetakaas 3 eiers teen kamertempe­ratuur

Só maak jy

1 Braai die spek in ’n pot of pan totdat die vet begin uitbraai. Roer die sampioene by en braai alles saam tot gaar. Geur dit met sout en peper en skep dit uit. Vee die pot of pan uit.

2 Smelt ’n lekker klont botter in die pan en smeer of drup dit oor die filodeegve­lle. Drapeer die velle in die pan sodat dit oor die rand hang. Krap die spek-ensampioen­mengsel daaroor uit. Breek die fetakaas in stukke oor die vulsel.

3 Klits die eiers, geur dit na smaak met sout en peper en giet die mengsel oor die vulsel uit. Vou die vulsel toe deur die punte van die deeg na mekaar toe te bring.

4 Sit die deksel op, sit ’n paar kooltjies op die deksel en bak dit soos ’n potbrood oor matige kole vir 20-30 minute. Hou dop dat die kors nie te donker raak nie. Sit dit dadelik voor terwyl dit nog warm is. Babaspinas­ie, roketblare en gekapte vars rissie is lekker hiermee saam, indien jy dit byderhand het.

Weg Ry & Sleep sê Jy kan dit ook in ’n Weber maak. Dan hoef jy nie die pot of pan se deksel op te sit nie, maar wel die Weber s’n. Bak dit vir dieselfde tyd.

KAPOKBOTTE­RSKORSIE MET CHORIZO Fynsag uit die vuur

Botterskor­sie kan fyngedruk word soos kapokaarta­ppel – dis ’n heerlike en gesonde bykos. Jy bak eers die botterskor­sie sag oor die kole, maak dit fyn en sit dit sommer net so in die skil voor.

Jy benodig

(genoeg vir 4) 1 botterskor­sie 5 cm chorizo, in blokkies gekap 125 g roomkaas (ons het die bloukaasge­ur gebruik) ‘n hand vol fyngeraspe­rde parmesaank­aas (of gebruik enige ander kaas van jou keuse)

Só maak jy

1 Sny die botterskor­sie in die lengte middeldeur en skraap die pitte uit. Vul die halwes met die chorizo en ’n eetlepel botter of olyfolie. Sit die twee halwes weer teen mekaar en draai dit styf toe met twee lae foelie.

2 Bak die pakkie vir 1 uur in warm kole – ek sit dit in ’n swartpot met ’n deksel op oor die kole en bak dit soos ’n potbrood.

3 Haal die foelie af. Gebruik ’n eetlepel en skraap die vleis van die botterskor­sie uit die skil. Geur dit met sout en peper na smaak en voeg ’n paar lepels roomkaas en van die gerasperde kaas by. Gebruik ’n vurk en roer alles goed saam. Skep die vulsel terug in die skil en sit dit voor saam met enige braaivleis of potjie.

Weg Ry & Sleep sê As jy nie ’n pot het nie, sit dit op ’n rooster en draai dit gereeld om. As die kole te warm is, brand die skil voordat die binnekant sag is, en as jy dit nie lank genoeg braai nie, gaan dit nie bottersag wees nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ?? www.weg.co.za ?? * Ons neem aan jy het sout, peper, botter en olyfolie in jou kampkombui­s.
www.weg.co.za * Ons neem aan jy het sout, peper, botter en olyfolie in jou kampkombui­s.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa