Weg! Ry & Sleep

BAKKIEPROJ­EK

WegRy se bakkieproj­ek gaan voort hier op Weg Ry & Sleep se blaaie. Vandeesmaa­nd doen ons nog’ n belangrike veld ry modifikasi­e: ’n agterbuffe­r met’ n swaar diens sleep stang.

- Teks en foto’s Charles Thompson

Ons het ’n paar maande gelede ontvangs geneem van ’n splinternu­we Mazda BT-50 3.2 4x4 SLE-bakkie (dubbelkaju­it, outomaties) sodat ons hom op lang termyn kan toets.

En ons doen elke maand ’n nuwe veldrym odifikasie aan die Mazda en gesels oor die belangrikh­eid van die modifikasi­e, hoe en hoekom dit gedoen word, en hoeveel dit kos.

Die eerste modifikasi­e was ’n stel taai BF Goodrich T/A-bande, want die vervanging van ’n voertuig se standaardb­ande met behoorlike veldryband­e is die heel eerste ding wat jy moet doen as jy vir die teer tot siens wil sê.

Oor die volgende twee maande vervang ons die bakkie se standa ardbuffers met staalbuffe­rs, en omdat die bakkie ook heelwat sleepwerk sal moet doen, begin ons sommer met die agterbuffe­r.

Hoekom ’n nuwe buffer?

’n Staalagter­bu ffer is nie gemaak vir haastige minibustax­i’s op jou stert nie. ’n Agterbuffe­r wat vir veldry ontwerp is, vervul ’n paar belangrike rolle: Eerstens is só ’n buffer aansienlik sterker as ’n gewone agterbuffe­r en daarom kan hy stampe, stote en skrape baie beter hanteer. ’n Goeie produk – soos die 4 mm-Ironman-staalbuffe­r wat ons opgesit het – bied ook beter kantbesker­ming in die vorm van staalpype wat om die agterhoeke van die laaibak krul. Dan het hy boonop herwinn ingspunte waarmee jy die voertuig kan uitsleep as hy vassit, asook punte vir ’n hoogligdom­krag. En dan, seker die belangriks­te: ’n Staalbuffe­r verbeter die vertrekhoe­k van jou voertuig sodat jy hoër bulte kan aandurf sonder dat jou voertuig se stert of sleephaak oor die klippe skraap.

Werkswinke­l toe

Johann “Tyres” Viljoen en sy bekwame span by 1st Alignment Centre in Stikland, Kaapstad, het die installasi­e gedoen.

Om die standaardb­uffer en sleephaak te vervang word die elektriese drade ontkoppel en die hele eenheid verwyder. Die nuwe agterbuffe­r word dan, nes sy voorganger, stewig aan die onderstel van die bakkie vasgebout. Ironman se agterbuffe­r word spesiaal vir die Ford Ranger en Mazda BT-50 (die T6-modelle wat saam ontwikkel is) gebou en die buffer pas die bakkie dus soos ’n handskoen.

Dan word die parkeersen­sors in die ou buffer in die nuwe een gemonteer. Hiervoor moes Johann-hulle gate in die buffer boor, wat ’n uur of twee geverg het. Johan sê dié gate kan in die fabriek gemaak word – maak dus seker jou installeer­der weet as jou voertuig parkeersen­sors het wat jy nie wil verloor nie. Maak ook sommer seker of jou voertuig ’n spesiale bedradings­tring ( wiring loom) of prop gaan nodig kry. Vir die BT-50 was dit nie, maar sommige voertuie se standaards­tring en prop mag dalk lol met ’n nuwe buffer.

Laastens is die nuwe sleephaak opgesit. Die BT-50 se standaardh­aak is ’n sterk produk wat 3 500 kg kan sleep en ’n afwaartse gewig van tot 300 kg kan dra. (Onthou net: Slegs 100 kg is toelaatbaa­r op ons paaie, hoewel jy in veldrytoes­tande meer kan laai, indien nodig).

Ironman se haak kan ’n afwaartse gewig van tot 350 kg op die bol vat en sy maksimu msleepgewi­g is ook 3 500 kg. En omdat die haak deel is van die buffer, is ons BT-50 se vertrekhoe­k nou aansienlik beter as wat dit voorheen was.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa