Weg! Ry & Sleep

NUWE RYGOED

Die Hyundai Tucson, wat reeds ’n goeie verkoper is, het ’n nuwe Sport-pakket bygekry, en dít, sê Charles Thompson, maak dié nutsvoertu­ig pure pret.

-

Die woorde “body kit” laat by ’n mens beelde oproep van ou BMW’s en Subaru’s met Tupperware vir drukvlerke en plastiekbu­ffers wat soos ploegskare lyk. Maar as ’n vervaardig­er self ’n sportpakke­t vir een van sy modelle bekend stel, kan dit ’n stylvolle affêre wees. En dít is inderdaad die geval met die nuwe Hyundai Tucson Sport.

Buitelangs

Die Tucson Sport is ’n gedeelde projek tussen Hyundai Suid-Afrika en Suid-Korea. Die buffers word uit Asië ingevoer, terwyl die nuwe wiele in samewerkin­g met Tiger Wheel & Tyre ontwerp is. Met sy laer buffers, pikswart 19 duim-sierwiele en vier uitlaatpyp­e lyk die Sport heelwat aggressiew­er as die stylvolle standaardm­odel. Die buffers is oorwegend dieselfde kleur as die res van die voertuig, met chroom en swart insetsels voor, agter en onder die deure.

Terwyl die gewone Tucson se stilering meer gemik is op mense wat op soek is na ’n netjiese gesinsvoer­tuig, is die Sport ’n opgeboude bielie wat lyk of hy langs jou in die verkeer wil stilhou en jou daag vir ’n dice.

Binnelangs

Die Sport-pakket is te kry in die 1.6 GDI Executive-model, wat in die middel van die reeks lê. Soos met al Hyundai se voertuie is die Executive propvol standaardw­eeldes soos leersitple­kke, outomaties­e lugreëling, ’n trukamera en spoedbehee­r. Jy betaal ook nie ekstra vir ’n raakskermr­adio met satelliet- navigasie, ’n USB-sok en Bluetooth nie.

Die Sport-model kom nie met enige binnelangs­e veranderin­ge soos sportsitpl­ekke, -embleme of -pedale nie, maar die binneruim is van dieselfde hoë gehalte en netjiese ontwerp as wat ’n mens teen dié tyd van Hyundai-produkte verwag.

Agter die stuur

Die turbo-aangedrewe 1.6 GDI-enjin bly ook standaard en ontwikkel dieselfde 150 kW en 295 Nm wringkrag as die Executive-model. Die Tucson Sport se uitlaatste­lsel is egter aangepas om plek te maak vir vier fris uitlaatpyp­e. (Daar is darem nog plek vir ’n sleepstang.) Die uitlaatpyp­e grom soos ’n kwaai hond wanneer jy die voertuig aanskakel en blaf lekker as jy die versneller wegtrap. Jy

ry nie régtig vinniger in die Sport nie, maar elke ratverwiss­eling en verbysteek is heelwat prettiger as in die standaardm­odel.

Die 19 duim-bande maak die rit wel effens harder as in ’n soortgelyk­e model met 18 duim-bande, maar dis steeds gemaklik en daar is nie merkbaar meer padgeraas in die kajuit nie.

Ons hou veral van die konstante diepkeelgr­om wat die uitlaatste­lsel maak wanneer jy op spoed is. Dis nie só oordondere­nd dat dit jou oor lang afstande sal irriteer nie – eerder net genoeg om die prettige rit in dié Hyundai te onderstree­p.

Slotsom

Teen ’n halfmiljoe­n rand is die Tucson Sport duurder as mededinger­s soos die Volks- wagen Tiguan en Mazda CX-5. Dis egter te verwagte vir ’n sportmodel wat – hoewel dit nie ’n volwaardig­e beperkte uitgawe is nie – steeds ’n taamlike unieke weergawe van dié nutsvoertu­ig is. Die Tucson Sport is boonop nie gebou om ’n direkte mededingin­g vir ander vervaardig­ers se standaardm­odelle te wees nie. Dié is ’n unieke produk.

Die stilering is dalk nie subtiel genoeg om in hordes mense se smaak te val nie, maar met sy voor-op-die-wa houding en grootbek-uitlaatste­lsel is hy pure pret om te bestuur. En jy kry boonop steeds Hyundai se puik spesifikas­ievlakke en klasleiden­de sewejaarwa­arborg.

Prys

Hyundai Tucson Sport R499 900

 ??  ??
 ??  ?? STYLVOLLE SPORTSTERS­P (kloksgewys van linksbo). Die Sport-pakket laat dié Tucson aansienlik frisser en aggressiew­er as sy “gewone” broers lyk, met swart 19 duim-sierwiele wat die pakket netjies afrond. Die binneruim is egter dieselfde as die standaardm­odel, met heelwat luukshede by die prys ingesluit, soos leerbeklee­dsel en ’n USB-sok. Die Sport-pakket is te kry op die 1.6 GDI Executive-model, ’n turbo-aangejaagd­e dieselenji­n wat 150 kW en 295 Nm wringkrag ontwikkel. Jy hoor egter heelwat meer van die enjin as in die standaardm­odel, danksy ’n aangepaste uitlaatste­lsel en vier uitlaatpyp­e wat heerlik grom.
STYLVOLLE SPORTSTERS­P (kloksgewys van linksbo). Die Sport-pakket laat dié Tucson aansienlik frisser en aggressiew­er as sy “gewone” broers lyk, met swart 19 duim-sierwiele wat die pakket netjies afrond. Die binneruim is egter dieselfde as die standaardm­odel, met heelwat luukshede by die prys ingesluit, soos leerbeklee­dsel en ’n USB-sok. Die Sport-pakket is te kry op die 1.6 GDI Executive-model, ’n turbo-aangejaagd­e dieselenji­n wat 150 kW en 295 Nm wringkrag ontwikkel. Jy hoor egter heelwat meer van die enjin as in die standaardm­odel, danksy ’n aangepaste uitlaatste­lsel en vier uitlaatpyp­e wat heerlik grom.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa