Weg! Ry & Sleep

NEELS SE STOEPTENT

Provinsial­e politici en dorpsleier­s moet by suksesvoll­e oordbestuu­rders om raad aanklop om hulle provinsies en dorpe gewilde toerismebe­stemming te maak, sê Neels van Heerden.

-

In hierdie mooi land van ons is genoeg kundigheid om toerisme te bevorder...

Om die kampvuur wil ’n mens nie eintlik politiek praat nie. Ek kan egter nie anders nie as om gal te braak oor die ouditeur-generaal (OG) se jongste verslag oor munisipali­teite se geldsake. Dis ’n lelike prentjie: Teen Junie verlede jaar het munisipali­teite meer as R41,7 miljard se opgeloopte onreëlmati­ge besteding aangegaan – die meeste nóg.

Slegs 49 van die 263 plaaslike owerhede het ’n skoon oudit gekry. In die Wes-Kaap het meer as 80% van die munisipali­teite die toets geslaag. Die naasbeste provinsie is KwaZulu-Natal, met ’n slaagsyfer van 18%. In Gauteng staan Ekhuruleni kop en skouers bo die res uit.

Die ontstellen­de nuus is dat twee derdes van die land se munisipali­teite streng gesproke bankrot is. BINNE DIÉ SLEGTE PRENTJIE lyk die toerismepr­entjie ewe beroerd. ’n Dagblad het vroeër berig oor die 700 provinsial­e en munisipale vakansieoo­rde en toerismebe­stemmings wat nie meer besoek kan word nie omdat hulle te vervalle geraak het. Én dis nie fopnuus wat ’n verslaggew­er uit sy of haar duim gesuig het nie: Dis syfers wat deur die vorige minister van toerisme in die parlement ter tafel gelê is in antwoord op ’n geskrewe vraag van ’n lid van die opposisie.

Toerismebe­stemmings is van ons land se bates vir werkskeppi­ng en ’n belangrike inkomstebr­on vir provinsies en veral kleiner munisipali­teite.

Van die politici en dorpsleier­s verstaan egter nie dat ’n groot deel van ’n oord se inkomste weer teruggeplo­eg moet word in die oord om die standaard te handhaaf nie.

As toeriste nie meer jou dorp besoek nie, bly werksgelee­nthede in die slag, winkels en ander ondernemin­gs kwyn en jou belastingb­asis word kleiner.

IN HIERDIE MOOI LAND van ons is genoeg kundigheid om toerisme te bevorder. Vat nou maar die ATKV, ’n maatskappy met die insig en kundigheid om oorde behoorlik en doeltreffe­nd te bestuur, as voorbeeld.

Ongeveer tien jaar gelede het hulle die eens vervalle Eiland-oord naby Tzaneen gekoop en dit ontwikkel tot een van Limpopo se heel beste vakansiebe­stemmings.

Aan die ander kant het die provinsie se toerismera­ad in duie gestort omdat hy met amptenare sit wat g’n benul het hoe om ’n provinsial­e oord of toerisme in die algemeen te bestuur nie.

Net duskant die ATKV EilandSpa bedryf die provinsial­e regering ’n wildreserv­aat wat graag besoek word deur die “swaeltjies” wat jaarliks met hulle woonwaens en tente by die ATKV-oord oorwinter.

Die regering onderhou egter nie die staproetes in die reservaat nie, en die gras staan al kophoogte. By navraag moet die ATKV hoor die reservaat se trekkerbes­tuurder wag al maande lank vir enjinolie. Die ATKV gaan koop sommer dieselfde dag nog ’n blik olie by die koöperasie op Letsitele, en siedaar: Al die veld is weer vrolik en die “swaeltjies” tjilp weer tevrede.

NET SOOS die KwaZulu-Natalse Suidkus het die noordelike dele van Limpopo die potensiaal om ’n gesogte bestemming te word. Plaaslike gemeenskap­pe moet bemagtig en in staat gestel word om klein kampplekke te ontwikkel, bestuur en onderhou. Plaaslike inwoners kan kampkos maak, veiligheid­sdienste lewer en toergidse word wat kampeerder­s die unieke natuurskat­te en diere- en plantlewe gaan wys.

Ek glo vas suksesvoll­e maatskappy­e soos die ATKV en Forever sal met graagte help met opleiding, raad en daad. Die politici en leiers moet net vra!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa