Weg! Ry & Sleep

MIC SE RUBRIEK

Die tegnologie rondom voertuie wat hulleself kan bestuur, groei met rasse skrede. Gaan dit 4x4-ry een van die dae óók oorneem, vra Mic van Zyl.

-

Viertrekvo­ertuie wat vir ontspannin­g gebruik word, word al hoe gewilder. Dit beteken al hoe meer onervare bestuurder­s mik na grond- en veldpaaie toe.

Nadat ek die bekende video van ’n Toyota FJ Cruiser gesien het wat homself met sy A-TRAC-stelsel uit die sand grawe, wou ek baie graag sien of my eie FJ dit ook kan doen. Toe ek dit op ’n dag op die proef stel, was ek verstom oor watter slim stukkie ingenieurs­wese dit is. Sonder dié vierwielva­strapstels­el sou daar heelwat meer grawewerk gewees het in dik sand naby die Maanhaarra­ndroete in die Magaliesbe­rg. Die A-TRAC-vierwielva­strapstels­el het vinnig kleingeld gemaak van die situasie en my FJ was los sonder dat ek óf die stelsel ’n enkele druppel sweet gestort het.

Daar was baie kommentaar deur die toeskouers, en dit het baie gewissel. Een ouerige man – duidelik uit die tradisione­le skool van 4x4-ry – het gemeen al die elektronie­se foefies haal die pret uit die ryery. Moderne 4x4’s raak nes daai Google-karre wat hulleself bestuur, het hy bygevoeg.

Ek dink heelwat ander 4x4bestuur­ders sal met sy opmer- kings saamstem. Jare gelede toe ek nog die ou Hilux met die vaste vooras gery het, was ek mal daaroor om my ryding tot die uiterste te beproef. Ek het dikwels vasgesit met hom en moes meer as een keer grawe of groot klippe pak om hom weer aan die ry te kry.

Viertrekvo­ertuie wat vir ontspannin­g gebruik word (eerder as werk, soos weermagvoe­rtuie), word al hoe gewilder. Dit beteken al hoe meer onervare bestuurder­s mik na grond- en veldpaaie. As ek luister hoe dikwels dié groentjies my uitvra oor wenasse en herwinning­stoerustin­g, kan ek sien daar’s al hoe meer mense wat hulle 4x4 gebruik om op afgeleë plekke uit te kom. Hulle hou beslis nie daarvan om vas te sit nie, en om in die middel van die dag hulle voertuig uit te grawe is nie almal se idee van ontspannin­g nie. Dis beslis nie myne nie, en daarom waardeer ek al die hulp wat ek kan kry as ek nie lus is vir rondspeel nie – elektronie­s of nie.

Nie alles is vir almal

Nogtans moet ek erken ek’s nog altyd ’n petrolkop, nes ’n onlangse duinetoer weer bewys het. Daar’s darem net niks soos die krag, die wringkrag, die suiggeluid van die lug deur die snorkel of die gebrul van die uitlaatpyp as jy daar ry nie.

Maar so mal soos wat mense soos ek is oor ’n enjin se klank in die duine, moet ’n mens aanvaar dis vir ander mense bloot ’n irritasie om van punt A na punt B te ry. Ek ken ’n paar van hulle. Dié mense sal veel eerder inklim, vir die voertuig sê waarheen hy moet ry en dan terugsit om e-posse te antwoord terwyl die blikbrein hulle rustig by hulle bestemming kry.

SAE, ’n vereniging van motoringen­ieurs, het ses vlakke van voertuig-outonomite­it gedefiniee­r. Heelwat van die stelsels op vlak 0 en 1 is reeds in talle voertuie, selfs 4x4’s, te sien. Kyk maar na aanpasbare spoedbehee­r, wat jou voertuig vir jou kan rem as die voertuig voor jou spoed verminder, of voertuie wat self kan parkeer.

Ek het nie ’n probleem met tegnologie­se vooruitgan­g in motors as dit die rit veiliger maak nie, maar ek wil beslis nie hê my 4x4 moet alles vir my doen nie. Ek geniet my tyd agter die wiel, en daarom hoop ek van harte dis nog ’n rukkie voordat ons 4x4’s hulleself begin bestuur.

Ek dink nie ek of daai ouskool man hoef ons te veel te bekommer nie, want daai dag is nog ver weg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa