Weg! Ry & Sleep

SLEEPTOETS

Toe Volkswagen die Amarok bekend gestel het, het die Duitse vervaardig­er opslae gemaak met een van die kleinste enjins in die bakkiemark. Sy nuwe Amarok laat egter die wenkbroue om ’n heel ander rede lig.

- Teks en foto’s Leon Botha

Die eerste Amarokdubb­e lkajuitbak­kies met hulle 2 ℓ-dieselenji­ns is destyds met heelwat twyfel begroet. Dit was een van die kleinste dieselenji­ns in die bakkiemark en baie mense het gedink hy gaan nie die mas opkom nie, veral nie met ’n vrag of swaar sleepding nie. Maar hier is ons jare later en dié tweeliters draf steeds breëbors voor talle woonwaens en boswaens.

Vanjaar het die Duitse motorverva­ardiger weer opslae gemaak met die Amarok. Dié slag is dit egter oor die enigste sessili nder-turbodies elenjin, nou amptelik die kragtigste masjien, in ’n Suid-Afrikaanse bakkie.

Die V6-turbodiese­l in die nuwe Amarok is ’n beproefde enjin wat al lank diens doen in die Volkswagen Touareg, Audi Q7 én die Porsche Cayenne en Macan. Nie een ander bakkie op die plaaslike mark kan kers vashou vir sy allemintig­e 550 Nm wringkrag en tot 165 kW nie. Die V6-Amarok is nou ook amptelik die duurste bakkie op die mark, maar sy kragleweri­ng is vir slepers pure bederf.

Die wenner van ’n dosyn

Met die toevoeging van die V6 is daar nou twaalf Amarok-modelle op die mark – drie van hulle met die sessilin derenjin. Al die 3 ℓ-modelle het heeltydse vierwielaa­ndrywing ( Volkswagen noem dit 4Motion) met ’n agtspoed-outomaties­e ratkas. Luukshede verskil na gelang van die prys, maar jy kry dieselfde allemintig­e sleepvermo­ë van 3,3 t.

Die model wat ons getoets het, die 3.0 TDI Highline, is die goedkoopst­e van die drie. Hy kos R75 100 (12%) meer as die 2.0 TDI 4Motion Highline, maar gee jou 25% meer krag (165 kW teenoor 132 kW) en 30% meer wringkrag (550 Nm teenoor 420 Nm).

Haak aan

Die agterbuffe­r is deel van die onderstel en verbind die twee agterste punte van die bakkie se leerraa monderstel. Die bolgedeelt­e van die haak bout aan dié dwars buis onder die buffer vas, wat beteken dit kan beswaarlik stewiger. Dit pas tussen twee L-vormige 12 mm-plate en lyk omtrent stewig genoeg om ’n trein te sleep!

Die bol self staan 51 cm bo die pad – ’n goeie kompromish­oogte vir gewone woonwaens en boswaens. Die haak is wel van die gansneksoo­rt, wat beteken jy kan nie ’n sakplaat byvoeg as jy dalk die bol se hoogte wil verstel nie.

Volkswagen gebruik ’n Westfalias­tang met ’n D-waarde van 15,7 kN (1 601 kg). Dié waarde verwys nie na die stang se sleepvragv­ermoë nie, maar is eerder die spesifieke waarde wat vir die stang se vragtoets gebruik is. Die stang mag ’n maksi- mum vertikale gewig van 140 kg – die neusgewig van die wa – dra. Volkswagen beveel die swaarste moontlike neusgewig aan vir die beste padhouverm­oë, maar ons wetgewing laat jou net tot 100 kg toe.

Voor (op) die wa

Met 550 Nm beskikbaar is daar nie twyfel oor die Amarok se sleepvermo­ë nie. Die ratverhoud­ing van die eerste rat is spesiaal ontwerp vir wegtrek met die oog op 4x4-toestande én vir woonwaslep­ers.

’n Mens jaag nie met ’n woonwa van verkeersli­g tot verkeersli­g nie, maar die versoeking is groot agter die stuur van dié meneer. Om te sê die Amarok druk jou in die sitplek vas soos jy wegtrek, is om dit sagkens te stel. Selfs met meer as ’n ton aan die haak moet jy net keer of jy sleep te vinnig. Nog voor jy jou oë uitvee, sit jy op 120 km/h en jy moet behoorlik die krane toedraai voor die spoedkamer­as begin flits.

Verbysteek is sonder enige moeite. Teen 80 km/h in die gewone >

outomaties­e modus en op ’n gelyk pad draf die Amarok stroopsoet in agste teen 1 400 r.p.m. As jy dan wil verbysteek en die pedaal wegtrap, rat die enjin af na vierde, die toere skiet op na 4 000 r.p.m. en jy is binne 11,05 s verby teen 120 km/h en terug in jou baan.

In soortgelyk­e omstandigh­ede in die sportmodus moet jy nóg harder klou, want dan neem dit net 8,9 s voor jy by die 120 km/h-merk moet keer.

’n Mens verstaan dus waarom Volkswagen ’n sleepspoed van net 80 km/h aanbeveel, met 100 km/h net vir uitsonderl­ike gevalle.

Ek sien jou

Volkswagen se rekenaars is in baie gevalle ander vervaardig­ers ver vooruit. Selfs kleiner modelle soos die Caddy registreer wanneer jy ’n woonwa haak, wat beteken die trusensors raas nie wanneer jy terugstoot nie. Daar is selfs ’n diagram op die truskerm met ’n prentjie van ’n wa aan die kar gehaak.

Volkswagen hetsy rekenaarte­gnologie nou nóg verder verfyn en die bakkie se alarmstels­el “weet” selfs as iemand aan die woonwa peuter. Wanneer jy die Amarok sluit (met die woonwa se ligteprop ingeprop) sal die alarm afgaan sodra iemand dit ontkoppel.

Die skynhoogte van die ligte kan ook verstel word, maar jy hoef dit nie te verstel met net twee mense voor in die Amarok nie. Met vyf mense in die voertuig (sonder ’n vrag op die bak) moet jy die eerste verstellin­g gebruik. Die tweede is met die bak vol vrag én ’n woonwa met ’n “ligte” neusgewig op die haak. Die derde verstellin­g is dieselfde as die tweede een, maar met die maksimumwo­onwa neus gewig op die stang.

As ons nou móét kla...

In die breë kan ’n mens nie fout vind met die nuwe Amarok nie, want dis ’n merkwaardi­ge sleepvoert­uig, stylvol en netjies afgewerk binne én buite. Wanneer ’n mens egter meer as R650 000 vir ’n ryding betaal,

OOG OP DIE BOL. Terwyl jy soos ’n koning sit en vorentoe kyk, wys die trukamera die beeld na agter wanneer jy terugstoot. Sodra jy haak, wys die rekenaarsk­erm hy weet daarvan. Die lens van die trukamera sit bo die nommerplaa­t. Pieter sê Ek hou nog altyd van die Amarok se voorkoms, en sy binneafwer­king is van die beste onder die dubbel kajuit bakkies. Toe

die Amarok met sy 2 ℓ-enjin uitgekom het, het ek gedink die bakkie gaan nie die mas opkom nie; veral as dit by sleep kom. Maar tot vandag toe hoor ’n mens geen klagtes nie.

Nog voor ’n mens aan die gang kom, wil jy sommer net vir ’n oomblik sit en die mooi dreuning van die V6-dieselenji­n geniet. Wanneer jy wel wegtrek, is die 3 ℓ se krag eenvoudig verstommen­d.

Die ratkas is besonder glad en die oorskakeli­ng tussen ratte onmiddelli­k. Dis só glad ’n mens wil dink dis ’n dubbelkop pelaarratk­as (die DSG, wat Volkswagen in baie van sy ander voertuie gebruik). Saam met die outomaties­e ratkas het die V6-Amarok ook ratspane ( gear shift

paddles) agter die stuurwiel. As jy aan die spane raak, skakel die ratkas onmiddelli­k oor en ’n mens voel 100% in beheer.

Die binneafwer­king is van die beste, maar ek het tog geringe kritiek: Volkswagen kan gerus die bottelhoue­rs verbeter. Die twee holtes tussen die voorsitple­kke het byvoorbeel­d nie veerarmpie­s wat ’n smal blikkie of botteltjie mooi vasdruk as jy dit daarin sit nie.

Die rit is egter pure plesier. Al sit ’n mens hoog (soos in enige bakkie), het die Amarok omtrent geen bakrol nie, selfs nie met die woonwa teen ’n effens té vinnige spoed in draaie nie. Hy klou ook soos ’n neet in die draaie. Vir toetsdoele­indes (natuurlik net daarvoor!) het ek hom ’n bietjie getrap. Hy’t 120 km/h gemaklik teen ’n opdraande gehaal... en toe 140 km/h, en toe 147 km/h. Dié bakkie het werklik geen einde nie!

Die Amarok is ook slim geveer, want die rit is nie te hard óf sag nie; eerder net gemaklik.

Goedkoop is die 3 ℓ nie, maar ek sal die ekstra geld vir sy ekstra oemf betaal as ek dit het. Ná sewe jaar se sleeptoets­e is dit ook die eerste keer dat ek geen fout kan vind met die outomaties­e ratkas van ’n bakkie nie. Dis die lekkerste bakkie waarmee ek nóg gesleep het, met ’n mooi voorkoms, krag en gerief. Wat meer kan ’n mens vra? >

 ??  ??
 ??  ?? SUBTIEL. ’n Mens moet mooi kyk om te sien wat die verskille tussen die nuwe 3 ℓ en die ouer modelle is, maar die “V6” in die sierrooste­r verklap dit.
SUBTIEL. ’n Mens moet mooi kyk om te sien wat die verskille tussen die nuwe 3 ℓ en die ouer modelle is, maar die “V6” in die sierrooste­r verklap dit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? verwag jy darem dat die voorste sitplekke elektries verstel en nié met hefbome werk nie.
verwag jy darem dat die voorste sitplekke elektries verstel en nié met hefbome werk nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Mens jaag ook nie van verkeersli­g tot verkeersli­g nie, maar jy kan jouself beswaarlik help agter die stuur.
’n Mens jaag ook nie van verkeersli­g tot verkeersli­g nie, maar jy kan jouself beswaarlik help agter die stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa