Weg! Ry & Sleep

Só volledig, hy’s amper vervelig

Baie van die XC90 is te sien in die nuwe, kleiner Volvo XC60, maar leen is lankal nie meer ’n vloekwoord nie.

- Teks Braam Peens

Kom ons wees nou maar eerlik: Min mense weet regtig wat in Swede aangaan, wat nog te praat van saam gesels oor dié land se ekonomie of belangriks­te uitvoere. Maar dis alles oraait, solank jy darem ABBA (of Roxette, as jy jonger is), Absolutvod­ka en volwasse “oefenvideo’s” kan opnoem.

Voor 2015 het die meeste Volvo’s jou ’n dop laat skink om van hulle te probeer vergeet, maar sedert die bekendstel­ling van die sewesitple­k-XC90 is Volvo skielik ’n vervaardig­er om dop te hou.

Die XC90 is verlede jaar (met reg) aangewys as Suid-Afrika se Motor van die Jaar, en nou is sy nuwe kleinboet, die tweedegesl­ag-vyfsitplek-XC60, ook propvol van dié kampioente­gnologie.

Op die oog af

Die eerste ding wat jy moet weet, is dat hy heelwat van die XC90 se DNS gekry het. Albei voertuie is op Volvo se nuwe veeldoelig­e SPA-platform ( Scaleable Product

Architectu­re) gebou en kry dieselfde enjins en veiligheid­stegnologi­e (later meer daaroor).

Die nuwe XC60 is 61 mm langer as sy voorganger en die asafstand is 99 mm langer. Hier trek die agterste passasiers die grootste voordeel met 40 mm ekstra beenspasie.

Die opvallends­te verskil tussen die XC60 en sy grootboet is eers werklik merkbaar wanneer jy sy meer kompakte, effens minder statige, agterkant sien. Kortom: Die XC90 laat dit lyk asof jou geld vir jou werk en die XC60 asof jy werk vir jou geld.

Onder die enjinkap

Volvo se doelwit is langtermyn­kostedoelt­reffendhei­d. Hoe meer modelle dieselfde komponente kan deel, hoe beter. Gevolglik word dieselfde tweelitere­njin in die XC90 en XC60 ingespan.

Om produksie te vergemakli­k word die basiese enjin so modulêr as moontlik gebou. Slegs die nodigste komponente met verskillen­de vereistes, soos petrol- of dieselontb­randing, hoef dan agterna bygevoeg te word.

Alle petrolmode­lle is ’n turboof drukaangej­aagde variant (óf ’n kombinasie van die twee, met of sonder elektriese aandrywing) van dieselfde eenheid om wisselende vlakke van krag te lewer.

Onder die modelle wat bestem is vir Suid-Afrika, gee die T5-intreepetr­olmodel 187 kW en 350 Nm en die warmer T6 235 kW en 400 Nm. Verder is daar ook twee dieselenji­ns waarvan die D4 140 kW en 400 Nm en die D5 173 kW en 480 Nm ontwikkel.

Binnelangs

Waar die vorige XC60 te hard probeer het om saam met sy Duitse mededinger­s te draf, is sy opvolger ’n toonbeeld van stille selfvertro­ue. Driepuntst­erre en blou-en-wit propellers neig om die slegste in hulle bestuurder­s uit te bring, maar die XC60 se binneruim is so ontspanne, wel, soos ’n Sweedse masseersal­on.

Die Volvo se instrument­epaneel herinner jou aan daai Deense hoëtrouste­lle met die moeilike name of ’n slimfoon met ’n raakskerm teenoor die Duitsers se obsessie met knoppies. >

Alles in die binneruim sê “minimalist­ies en gesofistik­eerd”. ’n Negeduim- vertikale raakskerm beheer omtrent al die motor se funksies – trouens, die enigste fisieke knoppies is om die klankvolum­e te beheer en die voor- en agterruit te ontwasem. Dat alles met die veeg van ’n vingerpunt beheer moet word, is egter ’n tweesnyden­de swaard, want elke funksie lê versteek binne ’n onderafdel­ing wat jou twee keer laat dink as jy nou net wegneembra­aihoender geëet het.

Aan die ander kant is die afwesighei­d van ’n oormaat knoppies kalmerend en kenmerkend van die Volvo se gerusstell­ende persoonlik­heid.

Die intreeweer­gawe, die Momentum, het elektriese leersitple­kke, LED-koplampe, ’n panoramies­e sondak en ’n dakrak standaard, terwyl die R-Design- en Inscriptio­n-model oor omvattende­r veiligheid­s- en toerusting­vlakke beskik.

Agter die stuur

Die XC60 is ratser op sy voete as sy voorganger. Deels weens sy laer daklyn- en gepaardgaa­nde sitplekpos­isie (meer soos dié van ’n motor as ’n sportnuts) en ’n grondvryho­ogte van 216 mm, 15 mm laer as tevore.

Beskikbare wielgroott­es wissel van 18 duim tot 22 duim en daar is opsionele lugvering – aan te beveel vir enigiets groter as 19 duim, of vir Johannesbu­rgers!

Die petrolenji­n se syfers lyk op papier belowend, maar wat trekkrag en doeltreffe­ndheid betref, gaan jy in die praktyk diesel verkies. Eersgenoem­de begin ook raserig raak wanneer jy baie van hom vra, terwyl die diesel hom meestal bedeesd (en vibrasievr­y) gedra.

Slotsom

Jy koop allermins ’n Volvo om te spog. Jy koop hom omdat jy vrede binne jouself én met die wêreld het. ’n Land Rover Discovery Sport is ’n vaardiger veldryer; ’n Mercedes GLC sportiewer, en ’n Jaguar F-Pace mooier. Maar nie een van hulle verpersoon­lik klasleiden­de veiligheid, ruimte, gehalte en sofistikas­ie soos die Volvo nie.

Vanweë goeie gene kan die XC60 jou moontlik verveel, hoewel dit eintlik ’n kompliment is, bloot omdat hy elke keer jou stratosfer­iese verwagting­e met so min moeite oortref. Volvo mag dalk sedert 2009 aan die Chinese motormaats­kappy Geely behoort, maar die XC90 het voorbrand gemaak vir die XC60 om Swede se nuwe beste uitvoerpro­duk te word. Ja, dalk selfs beter as ABBA.

Pryse en modelle

Die nuwe XC60 word eers in die middel van 2018 plaaslik bekend gestel. Pryse sal ook eers dan bekend gemaak word. Elke enjinsoort – die D4, D5, T5 en T6 – kan in elkeen van die afwerkings – Momentum (basismodel), R-Line (sportief ) en Inscriptio­n (luuks) – bestel word.

 ??  ??
 ??  ?? AGTERSTEVO­OR? Terwyl die neus en middel sterk trek na die groter XC90, kom die XC60 se karakter eers werklik na vore rondom sy stertgedee­lte. Anders as tevore word die LED-remligte nou tot op die agterluik verleng. Die binneruim (onder) is effens...
AGTERSTEVO­OR? Terwyl die neus en middel sterk trek na die groter XC90, kom die XC60 se karakter eers werklik na vore rondom sy stertgedee­lte. Anders as tevore word die LED-remligte nou tot op die agterluik verleng. Die binneruim (onder) is effens...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa