Weg! Ry & Sleep

5 moetsienpl­ekke!

-

Met al sy agterpaaie kan jy Lesotho oor en oor besoek en elke keer nuwe plekke ontdek. Maar voor jy dit doen, gaan maak ’n draai by dié vyf uitsonderl­ike plekke in die Bergkoning­kryk.

1 MATEBENGPA­S

Hierdie pas is dalk nie so bekend soos Sani nie, maar hy is ewe skouspelag­tig. Hier ry nie taxi’s nie, en omdat dit nie goed in stand gehou word nie, kan jy maar sê dis ’n 4x4-roete op sy eie.

GPS S29.875253 E28.966253

2 SEHLABATEB­E- NASIONALE PARK

Dié minder bekende park in die suidoostel­ike hoek van Lesotho is ’n ongerepte stukkie aarde met ongeloofli­ke rotsformas­ies, wye grasvlakte­s en pragtige uitsigte.

GPS S29.870045 E29.067555

3 MALETSUNYA­NE-WATERVAL

Dié waterval net buite Semonkong pryk op byna elke webtuiste of toergids oor Lesotho, maar geen foto kan die prag weergee nie.

GPS S29.868664 E28.051748

4 KATSEDAM

Die Katsedam is nie net ’n indrukwekk­ende stuk ingenieurs­wese nie, maar ook ’n noodsaakli­ke waterbron vir Suid-Afrika. Die damwal is die naasgroots­te van sy soort in Afrika – jy kan ’n toer binne-in doen.

GPS S29.336966 E28.506169

5 AFRISKI

Het jy al in Afrika geski? Hier is jou kans! Buiten ski is daar ook ’n verskeiden­heid ander aktiwiteit­e soos bumboardin­g, waar jy op ’n graaf teen die sneeuhelli­ng afgly.

GPS S28.823098 E28.728121

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa