Weg! Ry & Sleep

Ry dié roetes!

-

As Lesotho se talle grondpadpa­sse nie vir jou genoeg van ’n 4x4-uitdaging is nie, is daar ook verskeie plekke waar jy dagroetes kan ry.

SEMONKONG-LODGE

By dié lodge kan jy ’n kaart kry met aanwysings van ’n aantal 4x4-roetes in die gebied. Dit wissel van rustige uitstappie­s tot dag lange hardebaard­roetes. Die lodge bied ’n twee uur lange 4x4-uitstappie aan teen R250 p.p. of jy kan ’n plaaslike gids huur om saam met jou in jou voertuig te ry.

Kontak semonkongl­odge.com/ activities/4x4-routes/

RAMABANTA TRADING POST

Ramabanta Trading Post is gewild onder diegene wat die berugte Bobbejaans­pas wil aandurf, want die lodge is só naby dat jy die pas van die stoep af kan sien. Daar is darem ook makker roetes in die gebied. Kontak http://tradingpos­t.co.za; 00 266 5843 9958

ROMA TRADING POST

Hier is verskeie roetes – van rustige gesinsuits­tappies tot uitdagende dagroetes. Die bestuurder van Roma Trading Post, Darol Howes, is ’n uitstekend­e bron van kennis oor 4x4-roetes in die gebied en kan help met raad, toerbeplan­ning en gidse.

Kontak tradingpos­tlodge.com; darol@lesothosky.com

AFRISKI

Van hier af kan jy van maklike halfdagroe­tes tot taai voldagroet­es na plekke soos die Katsedam, Mont Aux Sources, die Letselepas en Mokhotlong doen. Van die roetes sluit waterkruis­ings in, en as Lesotho sneeu kry, is dit gewoonlik rondom Afriksi – bring dus maar jou sneeuketti­ngs!

Kontak afriski.net/Home/Activ >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa