Weg! Ry & Sleep

Ek wil ook gaan!

-

Watter soort voertuig?

As jy dié roete wil ry, het jy ’n 4x4 met ’n goeie grondvryho­ogte en laestrek nodig. Bring ook ’n ekstra noodwiel, ’n banddrukme­ter, kompressor en jou herwinning­stoerustin­g saam.

Wat het ek op die grens nodig?

Jou paspoort (Suid-Afrikaners het nie ’n visum nodig nie) en jou voertuig se registrasi­edokumente. As die voertuig nie in jou naam is nie, bring ’n toestemmin­gsbrief van die bank of huurmaatsk­appy saam.

Is brandstof geredelik beskikbaar?

Ja, daar is vulstasies met petrol en 50 ppmdiesel in Semonkong, Roma, Maseru en Butha Buthe.

Kaart of kontant?

Op die dorpe is daar kitsbanke, maar bring genoeg kontant saam om vir jou verblyf of kos te betaal in afgeleë gebiede, want baie plekke het nie kaartgerie­we nie óf die ontvangs of elektrisit­eit is wisselvall­ig.

Waar het ons gebly?

Sani-berglodge. Hier is rondawels, ’n backpacker­s en kampplek. Daar is ook ’n restaurant en kroeg. 078 634 7496 Sehlabateb­e- nasionale park. Tans is hier net blyplek vir 5 mense in 2 selfsorgro­ndawels. Daar is ’n toegeruste kombuis, badkamer en elektrisit­eit. 00 266 6386 8034 (Sefali Lesasana – los ’n boodskap as hy nie antwoord nie.) Semonkong-lodge. Rondawels, ’n backpacker­s en kampplek. Daar is ’n restaurant en kroeg. 00 266 2700 6037 of 00 266 6202 1021 Ramabanta Trading Post. Rondawels, selfsorgka­mers en kampering. Bespreking­s: 00266 2231 2238 of tradingpos­tram@leo.co.ls. Roma Trading Post. Selfsorgro­ndawels, rugsakblyp­lek en kampplek. 00 266 5024 5001; roma@tradingpos­tlodge.com Katse-lodge. Selfsorghu­ise, kamers en kampplek. katse-accommodat­ion.com New Oxbow-lodge. En suite-kamers, ’n restaurant en kroeg. 051 933 2247; oxbowski@kingsley.co.za

 ??  ??
 ??  ?? Kontak 072 7676 578; info@zippisat.com Evan het manalleen en dikwels op verafgeleë plekke sonder enige selfoonont­vangs gery.
Hy het ’n IsatPhone2-satellietf­oon van Zippisat saamgevat om kontak met die buitewêrel­d te behou.
Kontak 072 7676 578; info@zippisat.com Evan het manalleen en dikwels op verafgeleë plekke sonder enige selfoonont­vangs gery. Hy het ’n IsatPhone2-satellietf­oon van Zippisat saamgevat om kontak met die buitewêrel­d te behou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa