Weg! Ry & Sleep

Laat die wild na jóú toe kom

Soms voel ’n mens nie lus om agter olifante, renosters en leeus aan te ry nie; jy wil net rustig sit en wag dat die wild hulle dors kom les. Op sulke dae moet jy jou by een van dié watergate gaan tuismaak.

-

1Maloutswa, Mapungubwe­nasionale park, Limpopo Die dierelewe by die Maloutswa-watergat is byna te goed om waar te wees. Dit is asof Mapungubwe se eie werklikhei­dsTV-reeks voor jou afspeel wanneer jy jou sit in die skuiling gekry en die verkyker se lensdoppie­s afgehaal het.

Die olifante is die sterre in dié geweste, met hordes van hulle wat kom drink. By tye is hulle só naby aan die skuiling dat dit amper voel jy kan aan hulle vat.

Die byspelers is verskeie spesies soos rooibokke, vlakvarke, sebras, blouwildeb­eeste, blouapies, kolganse, bruinslang­arende... noem maar op.

’n Mens kan ure lank hier sit en foto’s neem, of sommer net kýk. Die diere kom en gaan en daar is gewoonlik aksie. Veral die olifante wat kom afkoel, is ’n gesig – die blink modder op hulle logge lyf lyk soos silwer spuitverf!

As jy hierheen sleep, is die Mazhoukamp­terrein jou enigste opsie om jou wa staan te maak. Maar dis glad nie ’n slegte ding nie; trouens, dit is iets wat jy op jou kamplysie móét sit as jy nog nie hier was nie. Mazhou is ’n paar minute se ry van die Maloutswa-watergat af en die tien staanplekk­e hier is in ’n sirkel rondom die badkamerge­bou uitgelê. Jy staan op ’n skoon kol in die bos en kry jou eie kraan, kragpunt (gewone huissok), lig en vullisdrom. Jy kry ook ’n los staalbraai­er wat jy kan skuif na waar jy hom op jou staanplek wil hê. Kontak 015 534 2014 of 012 428 9111 (Sanparke- sentrale bespreking­s); reservatio­ns@sanparks.org GPS S22.243305 E29.400607 >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa