Weg! Ry & Sleep

Nyamandhlo­vu-platform, Hwange- nasionale park, Zimbabwe

-

As dit jou droom is om jou kamera se driepoot staan te maak en kiekies van een van die grootste olifantbev­olkings ter wêreld te neem, moet jy die Hwange- nasionale park in Zimbabwe op jou emmerskopl­ys skryf.

En as jy eers hier is, moet jy koers kies na die Nyamandhlo­vu-platform wat oor die Nyamandhlo­vupan kyk.

Ja, Zimbabwe het sy probleme en omstredenh­eid en Hwange haal soms die nuus om al die verkeerde redes (stropers het ’n klompie jaar terug meer as 100 olifante hier vergiftig én ’n Amerikaans­e tandarts het Cecil, die leeu, hier geskiet). In Junie is wéér ’n paar olifante vergiftig, maar met ons besoek verlede jaar was dit duide- lik dinge is tog aan die verander. Die nasionale parkeraad en die reservaat se personeel is aan ’t woeker en hier is tekens van lewe.

Hier is meer diere, die padnetwerk kry aandag en verskeie kampterrei­ne word opgeknap.

Die Nyamandhlo­vupan is ’n watergat wat danksy water wat hierheen gepomp word, standhoude­nd.

En op die platform het jy die beste uitsig oor die water: Hou jou oë oop vir meer as 100 wildspesie­s – waaronder gesonde troppe van die skaars wildehond, swartwitpe­nse, leeus, jagluiperd­s en luiperds – en digby 400 voëlsoorte.

Hier is meer as genoeg opsies vir jou verblyf, met verskeie kampeerple­kke, selfsorgch­alets en kothuise. Hier is ook ’n kroeg, restaurant, vulstasie en klein supermark.

Kontak 00 263 4706 077; zimparks.org GPS S18.775500 E26.888987

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa