Weg! Ry & Sleep

Mankwedam, Pilanesber­g-nasionale park, Noordwes

-

Die Pilanesber­g- nasionale park is naby genoeg dat Gautengers ’n kosmandjie, koffiefles en verkyker kan gryp en vir die dag hierheen kan deurskiet.

Die beamptes by die ingangshek­ke verkoop boekies met inligting oor die reservaat, roetes wat jy kan ry en ’n lys van die diere wat jy kan sien. Skaf vir jou een aan en hou hom sommer byderhand, want jy gaan feitlik onmiddelli­k jou eerste regmerkies langs die dierename kan maak. Binne skaars 10 minute het die bekende vaalgrys lyf van ’n witrenoste­r verby ons gedraf.

Soek ook sommer dadelik op die kaart na die Mankwedam as jy honger is vir wildkyk. Dis die grootste stuk water in die reservaat, omtrent in die middel van die park, en ’n magneet vir mens én dier. Draai naby die dam af op die Hippo-luspad wat jou tot byna teenaan die water sal neem. In teenstelli­ng met die netjiese grootpad tot hier is dié paadjie besaai met slaggate; kyk dus mooi waar jy ry.

Aan die teenoorges­telde kant van die dam neem ’n netjies toegeboude houtdekpaa­djie jou van die oewer van die dam af tot naby ’n paar dooie bome in die water. Dis ’n gunsteling­plek vir voëlkykers wat met hulle kameras en lang lense hier kom vergader.

Om die reservaat met ’n dieretuin te vergelyk is nie vergesog nie. Die bospatryse hier in die parkeerter­rein is só mak dit lyk of hulle nader staan om jou ’n bietjie beter te leer ken.

As jy vir langer as ’n dag wil bly, kan jy by die nabygeleë Manyane-of Bakgatla- kamp in ’n selfsorgee­nheid gaan inboek óf gaan kamp opslaan.

Kontak 014 555 1000/1; reservatio­ns@goldenleop­ardresorts.co.za; goldenleop­ardresorts.co.za GPS S25.254479 E27.219679

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa