Weg! Ry & Sleep

Sable-voëlskuili­ng, Krugerwild­tuin, Limpopo

-

Die Sable-voëlskuili­ng is sowat 10 km van die Kruger se Phalaborwa­hek af, en jy kom klop hier aan vir ’n ongeëwenaa­rde wildkyken oornagerva­ring.

Bedags is dié groot skuiling nie veel anders as enige ander in die wildtuin nie.

Dis nou afgesien van die voëlkykers wat met hulle verkykers hier soek na spesies soos die oopbekooie­vaar, swartkopre­ier, grootlangt­oon, lepelaar, rietduiker en die slanghalsv­oël.

Snags kan jy die skuiling in jou eie oornagplek omskep. Kuier en slaap hier terwyl die seekoeie in die Sabledam se water nurk en die leeus en olifante kom suip. Hou ook jou oë gespits vir hiënas en wildehonde.

Dis amper onmoontlik om in die Kruger nader aan die natuur te slaap.

Jou bed – een van nege – staan deur die dag regop teen die agterste muur van die skuiling, maar vanaand, ’n halfuur vóór die hek sluit, kan jy jou kooi afslaan en hom solank opmaak.

Onthou net, môreoggend moet jy 30 minute nadat die hek oopgemaak het, jou slaapplek begin opslaan. Jy wil nie hê vreemdelin­ge moet jou in die vere betrap as hulle die waterhoend­er kom soek nie.

Agter die skuiling is ’n plek om vleis te braai, maar jy moet jou eie hout bring.

Wat ablusieger­iewe betref, is hier ’n toilet, maar nie ’n stort nie. Jy kan darem jou gesig in die wasbak was.

Jy reël jou verblyf by die Phalaborwa­hek en jy kry ook jou beddegoed, muskietnet­te, borde, bekers, eetgerei en dies meer daar wanneer jy inboek. Dit kos R670 p.n. vir 2 mense en daarna R310 p.p.p.n.

Kontak 013 735 3547/8; sanparks.org GPS S23.939401 E31.239382 >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa