Weg! Ry & Sleep

Okaukuejo, Etoshanasi­onale park, Namibië

-

Die mense wat weet, sê dié watergat is een van die beste plekke in Afrika om dié bedreigde spesie van nader te beskou.

Die Okaukuejo-ruskamp lê 17 km van die Andersonhe­k af. Hier kan jy jou sit kry langs een van die gewildste watergate op ons deel van die vasteland – in die winter- of herfsmaand­e is dit veilig om te sê dit krioel van die wild. Leeus, olifante, renosters, kameelperd­e, sebras, springbokk­e, elande, jakkalse en selfs ’n parmantige ratel kom drink hier vlak voor jou oë.

Snags word die watergat met spreiligte verlig en dit is dan ’n goeie tyd om jou lang lens te bring en te kyk of jy nie dalk ’n swartrenos­ter kan kiek nie. Die mense wat weet, sê dié watergat is een van die beste plekke in Afrika om dié bedreigde spesie van nader te beskou.

Langs die watergat is ’n groot kennisgewi­ngbord met die woorde “When there’s ‘nothing’ to see”, met ’n lys van voëls en insekte wat ook in en om die watergat voorkom.

’n Mens is effens verstom dat daar tye is wat die groter wild nie hulle opwagting by die water maak nie… tot jy met iemand gesels wat in die reënseisoe­n hier kom sit het.

Dan is daar genoeg water in die veld en die diere vermy meerendeel­s die watergat. Sorg dus dat jou tydsbereke­ning reg is.

Hier is chalets en kamers om die watergat en reg agter dit ’n kampterrei­n van Namibia Wildlife Resorts.

Kontak 00 264 67 229 800; nwr.com. na; reservatio­ns@ nwr.com.na GPS S22.243305 E29.400607

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa