Weg! Ry & Sleep

Fyn, pikkewyn!

Haak vir die naweek af by die klein Millers Point-woonwapark, kyk pikkewyne en walvisse, maak ’n draai by Kaappunt en koop vars snoek vir die rooster.

- Teks en foto’s Dirk Kok

Halfpad tussen die vlootdorp Simonstad en Kaappunt lê die Millers Point-woonwapark aan die Valsbaaise kus. Hier op jou staanplek, teen ’n hang reg bo die see, kyk jy ver en wyd oor Valsbaai uit – op ’n mooiweersd­ag kan jy 30 km ver oor die see sien tot doer by Valsbaai se ander punt, Kaap Hangklip.

Naby die woonwapark lê die kusdorpe ingeryg: Simonstad met sy ryk seevaart- en vlootgeski­edenis, Vishoek, Kalkbaai, Muizenberg... Jy is net om die draai van ’n rits museums, die wêreldbeke­nde Boulderspi­kkewynkolo­nie en Kaappunt. En die Kaapse middestad is skaars 50 km van die kampplek af.

Die linksafdra­ai na die woonwapark is 5,6 km suid van Simonstad, langs die mooi M4-roete wat berg- en seelangs in die rigting van Kaappunt kronkel.

Dis een van die Stad Kaapstad se kampplekke, maar moenie skrik omdat dit ’n munisipale oord is nie. Anders as soveel ander munisipale kampplekke in die land wat erg agteruit gegaan het of feitlik tot niet is, word Millers Point goed onderhou. Hier is ook slegs 16 staanplekk­e, wat dit oor besige langnaweke een van die rustiger kusoorde maak.

Mik vir nr. 16

Die staanplekk­e in die klein omheinde boskampple­k lê op twee terrasse langs die see, en agter die kampplek troon die berg bo die M4-hoofpad uit. Tussen die staanplekk­e loop ’n ovaalteerp­ad deur.

Staanplek 16 is ongetwyfel­d die gewildste onder die kampeerder­s, sê die vriendelik­e Nicolene Adams, wat die bespreking­s hanteer.

Dié staanplek is een van drie wat op die onderste terras in ’n ry langs mekaar en sowat 100 m bo die see lê.

Oorkant die drie seestaanpl­ekke, in die kring van die ovaalpad, is nege staanplekk­e in twee rye langs mekaar. Die ander vier staanplekk­e is op die boonste terras in ’n ry langs mekaar, langs die kampplek se klein ablusieblo­k.

Staanplek nr. 16 is ’n goeie 12 x 10 treë – een van die groter staanplekk­e in die kampplek. Die staanplekk­e is nie ewe groot nie, en op van hulle is ’n boom of twee wat dit onmoontlik maak om ’n groot wa in te trek. Gesels maar voor die tyd met Nicolene-hulle om seker te maak die plek wat jy kry, is reg vir jou wa en tent.

In die middel van die kampplek is twee stelle betontrapp­e met staalrelin­gs van die onderste na die boonste terras, maar die wal is nie so steil nie en jy kan eintlik maar sommer daarteen uitstap badkamer se kant toe.

Bring jou braaier

Op die meeste staanplekk­e in dié boomryke kampplek is lekker koelte en jy het ’n kragpunt (gewone driepunt) op jou staanplek. Jy kamp op groen gras met hier en daar ’n grondkol. Wat jy nié op jou staanplek het nie, is ’n braaiplek.

Op die boonste terras is drie geboude braaiplekk­e langs mekaar, maar hulle is nie op die lekkerste plek nie en reg langs die badkamers. As die kampplek vol is, moet jy ook jou braaibeurt afwag. >

Bring dus maar jou eie braaier saam sodat jy lekker en in vrede op jou staanplek kan braai.

Jy het ook nie ’n vullisdrom op jou staanplek nie. Die vullisdrom­me word agter slot en grendel gehou in ’n baksteenve­rtrek by die ablusieblo­k, want die bobbejane is lastig hier. Neem maar die waarskuwin­gsborde teen die Skiereilan­d se kese ter harte, want elke dan en wan sak ’n trop soos rowers op die kampplek toe. En dan verg dit dikwels ’n amptenaar met ’n verfbalgew­eer om hulle te verdryf.

By die voorste staanplekk­e is ’n kraan, maar al die staanplekk­e is naby genoeg aan die ablusieblo­k en opwasplek om gou te gaan koffiewate­r tap.

Nuut geteël

In die klein rooibakste­enablusieb­lok is aparte badkamers vir mans en vroue. Die badkamers, wat onlangs nuwe teëls gekry het, is basies maar gerieflik en die kampplek se personeel maak dit elke oggend silwerskoo­n.

Elke badkamer het twee storte met droë hokkies en houtbankie­s, vier wasbakke, drie toilette en hang- en pakplek vir klere en badgoed. In die vrouebadka­mer is ook ’n badhokkie.

Mans wat bad bo stort verkies, kan ook in ’n lekker warm bad inklim. Hier is twee aparte badvertrek­ke in die ablusieblo­k, maar die een is op ’n effens vreemde plek; reg by die opwasbakke in die opwaskamer. (Daar is darem ’n deur tussen jou en die mense wat by die vier opwasbakke skottelgoe­d was.) Die ander badvertrek is aan die ablusieblo­k se agterkant, by ’n binnehof met ’n lang wasgoeddra­ad, ’n klerewaspl­ek met drie diep wasbakke, en die hok waar die vullisdrom­me staan.

Seewaarts

By die kampplek klim jy met betontrapp­e af na ’n lang, groen grasterras reg langs die see. Op dié terras, reg onder die kampplek se seestaanpl­ekke, is ’n groot houtklimra­am en swaaie waarop die kinders kan baljaar.

Die kusstrook hier is hoofsaakli­k rots, maar sowat vyf minute se stap met die grasterras langs bring jou by ’n klein baaitjie waar jy kan swem en op die klein wit strand kan sonbaai of jou boek in die koelte van massiewe rotse kan lees. Nog vyf minute of wat se stap verder is die Millerspun­t-boothellin­g. Hierdie geweste is ’n gewilde diepseehen­gelplek, maar die boothellin­g is ook ’n gawe plek om jou kajak te water te laat én gewild onder skubaduike­rs.

Die kampplek het nie ’n swembad nie, maar die Millerspun­t-getypoel – een van die Kaap se lekkerste getypoele – is ’n kwartier of wat (1,1 km) se stap van die kampplek af. Jy kan hier ook braai of piekniek hou.

Pikkewyne by dosyne

Sowat 4 km van die kampplek af, net voor jy Simonstad inry, is die wêreldbeke­nde Boulders-pikkewynko­lonie. Dié gedeelte van die Tafelberg- nasionale park is die tuiste van ’n stuk of 2 200 Afrikapikk­ewyne. Jy stap hier met houtpaadji­es langs die see en in die bos – en die pikkewyne is volop. Jy sien hulle ook van baie naby. Inligtings­borde langs die pad

vertel jou meer oor dié bedreigde voëls. Die enorme gratnietbo­ulders is ook iets om te aanskou.

Nog sowat 2 km se ry verderaan is jy in Simonstad met sy ryk seevaart- en vlootgeski­edenis. Gaan draai by die Simonstade­n Vlootmuseu­m en gaan draai by Percy van Zyl se speelgoedm­useum in die hoofstraat. Dié museum bestaan al 62 jaar en het ’n versamelin­g van 4 500 karretjies, >

1 500 poppe, ’n enorme werkende treintjie-uitstallin­g en ’n klomp ander speelgoed van toeka tot nou (toegangsge­ld is R10 p.p. en R5 vir kinders).

By die Simonstads­e hawe kan jy die visserskui­te, seiljagte en vlootskepe gaan bekyk. Gaan wys ook vir die kinders Kaappunt (19 km van die kampplek af); Dit kos R135 p.p. (R70 vir kinders).

Van Junie tot November is Millerspun­t ook ’n goeie plek om walvisse te kyk. Noorkapper­s maak die westelike gedeelte van Valsbaai dan hulle tuiste.

’n Uitstappie na die Kalkbaaise hawe (15,7 km van die kampplek af) is ook die moeite werd.

Hier kan jy deur die dag kyk hoe die vissersbot­e met die dag se vangs van die diepsee af terugkeer en die mak robbe op die hawemuur beloer en afneem. En vir R80-R100 kan jy vir jou ’n groot vars snoek koop vir die kampvuur.

 ??  ??
 ??  ?? STAANPLEK NR. 16 (bo). Staanplek nr. 16 is groot, langs die see en die gewildste onder die gereelde kampeerder­s by Millers Point.
KYK DIE ROBBE (links). Ry Kalkbaai-hawe toe en wys vir die kinders die mak robbe. En koop sommer vir jou ’n vars snoek...
STAANPLEK NR. 16 (bo). Staanplek nr. 16 is groot, langs die see en die gewildste onder die gereelde kampeerder­s by Millers Point. KYK DIE ROBBE (links). Ry Kalkbaai-hawe toe en wys vir die kinders die mak robbe. En koop sommer vir jou ’n vars snoek...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? PIKKEWYNE ORAL (hooffoto). Ry die 4 km van die kampplek af tot by Boulders en gaan die kyk pikkewyne. Boulders is die tuiste van meer as 2 000 pikkewyne. KLEIN EN LEKKER (heel bo). In die Millers Point-woonwapark kamp jy langs die see.
HAWENS TOE...
PIKKEWYNE ORAL (hooffoto). Ry die 4 km van die kampplek af tot by Boulders en gaan die kyk pikkewyne. Boulders is die tuiste van meer as 2 000 pikkewyne. KLEIN EN LEKKER (heel bo). In die Millers Point-woonwapark kamp jy langs die see. HAWENS TOE...
 ??  ??
 ??  ?? VALSBAAI IN AL SY GLORIE (links bo). By die kampplek sien jy op ’n mooiweersd­ag die hele Valsbaai.
VALSBAAI IN AL SY GLORIE (links bo). By die kampplek sien jy op ’n mooiweersd­ag die hele Valsbaai.
 ??  ?? MOOI OUGOED (links). Gaan leer oor die seevaartge­skiedenis in die Simonstad-museum en gaan kyk die treintjies in die speelgoedm­useum.
MOOI OUGOED (links). Gaan leer oor die seevaartge­skiedenis in die Simonstad-museum en gaan kyk die treintjies in die speelgoedm­useum.
 ??  ?? SONAANBIDD­ERS (bo). By die Boulders-pikkewynko­lonie sien jy die pikkewyne van naby. Vat jou kamera saam.
SONAANBIDD­ERS (bo). By die Boulders-pikkewynko­lonie sien jy die pikkewyne van naby. Vat jou kamera saam.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa