Weg! Ry & Sleep

Sandgat sien ons weer

Hulle het onlangs by Die Sandgat reg onder die Vanderkloo­fdam gaan kamp, en hy kon ’n baie belangrike regmerkie in sy voëlkykboe­k maak, sê Johan Lottering van Bloemfonte­in.

-

Ons is lede van die Bloemfonte­inse 4x4-ekoklub. Ons is ’n ekovriende­like 4x4-klub wat dit geniet om plekke te besoek wat jy nie met ’n gewone voertuig kan bereik nie.

Ons is meer as 50 lede, gesinsmens­e wat gereeld saam die pad vat. Dit het, sonder dat ons dit beplan het, so gebeur dat die meeste van ons ook deesdae met ’n bos- of woonwa kamp. Ons het onlangs by Die Sandgat-kampterrei­n by die Vanderkloo­fdam saamgetrek en ordentlik saam gekuier. Ons kom beslis terug hierheen.

Vertel ons meer van Die Sandgat...

Die kampterrei­n is sowat 7 km van die Vanderkloo­fdam af en op die oewer van die Oranjerivi­er. Jy kamp onder die damwal – in die laatmiddag wanneer hulle die turbines by die damwal oopmaak, síén jy hoe die rivier se watervlak styg.

Ek sê jou die water styg seker maklik met ’n meter. Saans sak die watervlak weer as hulle die turbines toedraai. Hier is ongeveer 50 staanplekk­e met krag (die gewone huissok) en die meeste van hulle is op gras en onder groot wilgerbome.

Hoe lyk die ablusieger­iewe?

Baie netjies en skoon. Dit is een groot houtgebou met aparte geriewe vir mans en vroue. En hulle het dit baie oulik gemaak met ou erdebakkie­s wat vir wasbakke en as spieëlrame gebruik word. Dit wys die mense doen moeite.

Die skoonmaker­s kom in die oggend en in die laatmiddag, en die plek skitter altyd behoorlik.

Wat is hier om ’n mens besig te hou?

Een van ons lede, Pieter Marais, het die naweek hier gereël en hy het ons vir ’n bootrit op die Oranjerivi­er gevat.

Jy kan ook hier kom swem en hengel, en vir die kinders is daar klimrame, ’n swemgat, ’n ou Volksie Buggie wat as ’n speelkar oorgedoen is, en meer as genoeg plek om rond te hardloop en bal te speel. Ek en my vrou, Johanna-Marie, is ywerige voëlkykers en ons het hier die visvalk vir die eerste keer gesien.

Om te sê die visvalk is ’n gróót item op ’n voëlkyker se lys is om dit sagkens te stel. Dit was ’n ongeloofli­ke hoogtepunt. Is Die Sandgat troeteldie­rvriendeli­k? Ja, dit is altyd lekker om by ’n plek te kamp waar ons vierbeenki­nders ook toegelaat word om saam te kuier.

Heelwat van ons lede het hulle troe- teldiere saamgeneem en dit baie geniet. Hannes Klopper en sy Floors is eenvoudig onafskeidb­aar – die hondjie het saam gebraai, saam op die dam bootgery en selfs saam geëet.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa