Besoek die Swazikoninkryk
saam met Weg Ry & Sleep en Bhejane 4x4 Adventures
Beleef die vriendelike kultuur en natuurskoon van Swaziland, van die Ezulwinivallei deur die Laeveld rondom Hlane tot bo in die berge rondom Phophonyane.
DAG 1
Ons begin in die Mlilwanenatuurreservaat, waar die Rileyfamilie die grondslag gelê het vir Swaziland se natuurbewaring. Ons skrop nes, verken die kamp en geniet ons eerste Bhejaneaandete om die kampvuur.
DAG 2
Ons verken die Mlilwanenatuurreservaat en die omliggende Ezulwini-vallei. Ons volg ’n 4x4-roete in die heuwels rondom berg Nyonyane en besoek Execution Rock. Ná ’n stewige
brunch besoek ons toerisme- attraksies en jy kan handgemaakte kerse, geweefde matte, mandjies en pragtige handgemaakte kunswerke koop.
DAG 3
Ná ontbyt besoek ons ’n plaaslike stat en ervaar die vriendelike Swazi-kultuur en tradisionele leefstyl. Dan ry ons ooswaarts na die Laeveldstreek van Swaziland. Hier sal die Hlane- koninklike nasionale park vir twee nagte ons tuiste wees.
DAG 4
Ons bring tyd deur in Hlane en ervaar die bos, wild en voëls. (Die Hlane- koninklike nasionale park het die grootste broeikolonie witrugaasvoëls in Suider-Afrika.) Laatmiddag gaan ons op ’n wildrit in ’n oop voertuig en ons soek onder meer witrenosters, olifante en leeus.
DAG 5
Ons ry ’n skilderagtige 4x4-roete oor die berge, met ’n paar beeste as die enigste tekens van die beskawing. Ons eet middagete op die roete en ervaar die koel berglug en manjifieke uitsigte. Ná middagete ry ons na The Gap, ’n treffende geologiese verskynsel in die Nkomazirivier.
DAG 6
Ná ontbyt val ons in die pad na die Phophonyane-waterval. In die rivierwoud sien ons dalk net ’n paar mooi voëls. Ná middagete ry ons terug kamp toe en gaan teen sonsondergang op ’n bootrit.
DAG 7
Ons moet mekaar ná ontbyt groet, maar daar is tog nog vir oulaas tyd om die besondere natuurskoon van die Koninkryk van Swaziland te geniet.