Weg! Ry & Sleep

Bly stil oor my Pajero

-

1995 MITSUBISHI PAJERO 2.8 TDI Hy sal sy 21-jarige Pajero vir niks verruil nie, en hy wens mense wil ophou sê dis tyd om ’n nuwe een te koop, sê

Danie Joubert van Pretoria.

My vrou het ons Pajero in 1997

tweedehand­s vir R60 000 gekoop. Ons het hom Jerrie gedoop, en omdat hy geen fieterjasi­es het nie en so standaard is as wat ’n mens kry, is hy nommerpas vir ons. Jerrie is van staal gemaak, sy 4x4-vermoë is ongeloofli­k en ek glo eerlikwaar hy ry aansienlik gemakliker as baie nuwe voertuie.

Ja, hy is ’n effense donkie op die teerpad, maar as jy afdraai, is hy ’n reus. Hy hou net aan en aan en aan. ’n Mens wonder soms wat jou droomvoert­uig is, maar ek kan sonder enige twyfel sê ons ry reeds met ons s’n.

Die enigste ding wat pla, is elke Jan Rap en sy maat wat ons probeer oortuig om ’n nuwe een te koop. Ons het vir Jerrie natuurlik ’n bietjie opgedollie met ’n wenas, ’n TJM-agterveers­telsel, ammokislaa­ie, ’n tweede battery, yskas en ’n enjinmonit­or van MadMan.

As ek nou ’n ekstra R10 000 kan afknyp, sal ek vir hom twee nuwe bande laat opsit. Sake by die vulstasie is heel gaaf en ons kry 12-14 ℓ/100 km. Ons sleep ook met hom en dan skuif dit nader aan 15 ℓ/100 km.

Ons het ook al ’n bietjie teëspoed met hom gehad. Ons is al deur twee enjins (ek blameer patetiese vakmanskap) en sy oordragrat­kas se ketting het ná 380 000 km besluit om te rek.

Ons het al baie onvergeetl­ike reise gehad, maar Botswana, Kubu-eiland en Sanipas span die kroon.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa