Weg! Ry & Sleep

Net ’n Jeep, dankie!

-

2012 JEEP GRAND CHEROKEE 3.0 D As jy eers een keer met ’n Jeep gesleep het, is dit moeilik om van iets anders oortuig te word, sê Johan Lange van Kempton Park.

Ons kamp met ’n Gypsey Romany,

die 2007-model, en ons sleep hom al drie jaar met ons Jeep Grand Cherokee. Ek het hom destyds tweedehand­s vir R550 000 gekoop nadat ek ’n bietjie rondgekyk het vir ’n sleepvoert­uig wat genoeg krag het, maar steeds gerieflik ry. Ek het voorheen 12 jaar lank met ’n Jeep Grand Cherokee

V8 gesleep en was heel tevrede met sy werkverrig­ting, maar teleurgest­eld in hoe dors hy is: Ons praat van 20 ℓ/100 km.

Daarom het ek begin rondkyk na ’n ander sleepvoert­uig. Ek het in ’n stadium die Ford

Ranger 3.2 oorweeg, maar hy het vir my wat gerief en krag betref, te veel afgesteek by die Jeep.

My nuwe Jeep is nie net sterk genoeg en ’n droom om mee te sleep nie, maar sy brandstofv­erbruik (12-13 ℓ /100 km met die wa en 8-9 ℓ/100 km daarsonder) is aansienlik beter as my vorige een s’n.

Ek sleep teen gemiddeld 100-110 km/h en gebruik Je e ps e standaard sleep stang sonder ‘n stabilisee­rder.

En daar was nog geen probleme nie. Ons geniet dit om in die natuur te wees en in rustigheid te kamp, en daarom verkies ons plekke soos die Kruger.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa