Weg! Ry & Sleep

Rim-vlinderrog Gymnura natalensis

-

Die rim-vlinderrog is ’n groot, plat, diamantvor­mige rog wat tot dubbel so breed kan wees as wat hy lank is. Hy het ’n gladde vel en sy bokant wissel van grys en olyfgroen tot bruin met dowwe donker kolle. Die rim-rog hou sy lyf soms verkleurma­nnetjie en kan sy kleur vinnig by sy omgewing aanpas. Sy stert is kort en het twee skerp getande penne aan die onderkant. Hierdie rog is endemies in ons waters en kom van Namibië tot in die suidelike dele van Mosambiek voor.

Grootte en biologie Hulle kan maklik tot 90 kg weeg. Die grootste een wat nóg gesien is, het die skaal op 120 kg getrek en was 2,5 m breed. Die mannetjies bereik ná 2 jaar volwassenh­eid en is dan 1 m breed, terwyl die wyfies eers op 6 jaar volwassenh­eid bereik (wanneer hulle 1,5 m breed is). Hulle kan tot 24 jaar leef.

Hulle broeiseiso­en is ’n raaisel, maar ’n mens sien dragtige wyfies van Januarie tot Augustus rondom Durban. Hulle is ovipaar, wat beteken hulle broei uit eiers, maar binne die ma. Die dratyd is ’n jaar.

As bodembewon­er vreet hulle onder meer ander bodemvis soos tong- en platvis, asook sardyne en skaaldiere soos krappe en garnale.

Habitat Dis ’n algemene bodemvis wat naby die kant voorkom en jy sien die meeste van hulle van Desember tot Januarie. Hulle hou rondom sandbodems en -strande, maar ook in dieper banke (75 m). Die vlinderrog beweeg soms nader aan riviermond­ings, waar die jonges meer beskutte sandbaaie en riviermond­ings verkies, maar kom ook in dieper waters voor. Hulle is gewoonlik alleenlope­rs, maar vorm soms skole diep in die winter. Dié rog se migrasiepa­trone is nog nie presies vasgestel nie, maar dit blyk hulle is nie juis huisvas nie en eerder nomadies.

Vang hulle só Hengelaars vang hulle gereeld in die golwe van die strand af en ook in riviermond­ings. Hulle vreet ’n wye verskeiden­heid aas en gee ook nie maklik oor as hy aan die hoek is nie. Hengelaars laat die meeste vry, want dis nie die lekkerste eetvis nie.

Dis ’n rekord 104,7 kg (2,24 m breed). SASSI-status Jy mag een per dag vang, ongeag die grootte of seisoen, maar dis onwettig om hulle met spieshenge­l te vang.

 ??  ?? Teks Dr. Gavin Gouws Skets Elaine Heemstra © SuiderAfri­kaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversi­teit (SAIAB)
Teks Dr. Gavin Gouws Skets Elaine Heemstra © SuiderAfri­kaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversi­teit (SAIAB)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa