Weg! Ry & Sleep

Haak ’n seevis in die meer

-

Island Lake

In Wildernis is jy altyd bewus van water, of jy nou op die nimmereind­igende strand gaan stap of saam met jou kinders in ’n trapbootji­e op een van die standmere vaar. En op elke pan water sien jy allerhande dinge ronddobber: kajakke, rubberbote, waterski’s en kolganse. Vir kykvermaak hoef jy dus by Island Lake nie eens uit jou kampstoel op te staan nie, want jy kamp reg by die meer.

Die meer is net 3 km van die strand af, maar ’n stroompie van 5 km lank loop van die meer af tot in die Touwrivier en mond 3,5 km verder uit in die see. Die meer is omtrent vierkantig en is sowat 1½ km van die een hoek na die ander. Al kamp ’n mens nie langs die see nie, kom seevis in die water voor. Dit sluit in leervis, knorders, steenbras en springers.

Jy het dus steeds ’n hengelperm­it nodig as jy van dié vis in die meer wil vang.

Die oord het alles wat jy van ’n plek met ’n driestergr­adering verwag. Die gras is groen en welig (selfs onder die magdom koeltebome), die waskamer is goed toegerus (dit kos R20 per was en R15 vir die tuimeldroë­r; R5 vir 150 g waspoeier) en ’n mens kan sien die bestuur het moeite gedoen met die badkamers. Die twee ablusieblo­kke is netjies uitgeverf, die storthokki­es het bankies en hake vir klere en handdoeke, en dis silwerskoo­n.

As jy van jou staanplek af wil hengel, slaan jou kamp reg teen die strandmeer op, óf dieper en verder weg onder die bome as jy beskutting soek teen die aandluggie.

Hier is ook vier rondawels. Drie van hulle het slaapplek vir 4 mense en die vierde een kan 5 mense huisves. Daar is ’n klimraam om die kleingoed uit die pad (en uit die kwaad!) te hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa