Weg! Ry & Sleep

Kyk leeus terwyl die ketel kook

Al is een van hulle ryhuise in die onlangse brande by Knysna verwoes, bly Mike en Kathy Parkin se filosofie: Een leeftyd, een reis, een avontuur. Ja, met hulle ánder Autovilla wil hulle nog die wêreld platry. Mike vertel.

- Teks Schalk Jonker Foto’s Jakkie Jonker

Ons groen Autovilla het nou wel in die vroeë jare sewentig al die lig gesien, maar hy gedra hom nog soos ’n jong man as ons met hom koers kies.

Ek het die Autovilla hier by die 20 jaar, maar het eers omtrent agt jaar gelede begin om ’n bietjie aandag aan hom te gee. Ons het al genoeg nagmerries­tories oor dié voertuie se oorspronkl­ike enjins gehoor en daarom besluit om vir ons s’n ’n Volkswagen Jetta-1,8 ℓ-enjin in te bou. Sedertdien het ons nog nie een meganiese probleem gehad nie. Daar was nog nie eens sprake van die enjin wat kook nie.

Aan die binnekant het ek hom aangepas vir ons behoeftes, netjies gemaak en die slaaphoeki­e heeltemal oorgedoen. Ek het ook die leefruimte groter gemaak deur ’n kappie bo-oor die voorsitple­kke te bou. Aan die agterkant het ek ’n staander vir ’n motorfiets gebou. Ons laai ons bromponie daarop, dan het ons iets om die wêreld te verken. Ek het ook al ’n klein Suzuki-karretjie én ’n sleepwa agter die Autovilla gehaak en al die pad tot in Zambië gery – sonder enige voorvalle – maar met die motorfiets is dit makliker.

Ons is versot op ons Autovilla, want met hom kan ’n mens stop net waar jy wil, en dan het jy alles by jou. In die Kruger kan jy vir die leeus sit en kyk terwyl jou koffiewate­r kook. Ons ry gewoonlik teen 90 km/h en dan gee hy ons ’n heel skaflike verbruik van 10 ℓ/100 km. Wanneer ons egter in bergagtige gebiede of in erge wind ry en die enjin moet ’n bietjie harder werk, kry ons in die omgewing van 12 ℓ/100 km.

Ons het ’n ruk gelede, toe ons terugkeer van die Krugerwild­tuin af, vir ons nóg ’n Autovilla gekoop. Hy was effens nuwer as dié een – ek dink hy dateer uit die vroeë jare tagtig – en het ’n 3 ℓ-enjin gehad. Maar vóór ons kans gekry het om met hom te gaan kamp is hy in die onlangse brande hier by ons op Knysna verwoes.

Die verwoestin­g slaan ’n mens stom en dit is erg om te sien hoe al jou goed in die slag bly, maar ek en Kathy het besluit ons maak skoon, beweeg aan en klou nie vas aan die verlede nie. Dit is die enigste manier om só ’n neerdrukke­nde situasie te hanteer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa