Weg! Ry & Sleep

Loop lig vir dié bosspietko­p

- WILLIE STADLER Jeffreysba­ai

Ons en twee pare vriende toer in Mei deur Botswana, en elke paar ry in hulle eie voertuig. Ons ry in konvooi, en op ’n kol tussen Gweta en Maun spring ’n man in gewone klere skielik langs die pad uit die bosse. Hy waai met sy hand op en af dat ons moet stadiger ry. Piet en Marie de Vos ry voor ons in hulle Land Cruiser; hulle verminder spoed want dalk is dit ’n verkeersma­n. Vir ’n oomblik vestig ek my aandag op die man, maar die volgende oomblik ry ek met ons Fortuner in die Cruiser vas. ’n Verkeersvo­ertuig trek uit die bosse en die mens wat nou-nou ons aandag wou trek, staan met sy uniform aangetrek.

Die Fortuner het ernstige skade en ons self kom ook nie te lig af nie. Marlene, my vrou, sit met ’n knieskyffr­aktuur én vyf gebreekte ribbe, en voor ons het Marie ’n stamp teen die kop weg en sit met harsingsku­dding (sal ons later hoor).

’n Toerbussie kom aangery en die man – nog in sy uniform – trek die bestuurder af en beveel hom om ons na die hospitaal in Maun te bring. Daarna spring die “beampte” self in die pad in Gweta se rigting. Ons is dieselfde dag uit die hospitaal ontslaan en vertoef ’n paar dae op Maun om vlugreëlin­gs huis toe te tref.

Ons bring die voorval onder die aandag van die polisiekom­missaris van Ma un, waarna hy onderneem om aandag aan die saak te gee.

Ná drie dae vlieg ons huis toe. Die Fortuner word afgeskryf en ons laat dit op Maun berg totdat my seun, Johann, dit drie weke later sal gaan haal.

Johann haak die wrak en sowaar, 30 km van waar ons ongeluk gebeur het, trek ’n man met ’n swaaiende baadjie in sy hand hom af. Die man was weer eens nie in amptelike klere nie en hy wys vir Johann op sy spoedkamer­a hy het 90 km/h gery pleks van 80 km/h. Hy vra ’n boete, maar sê ook hy het nie ’n kwitansieb­oek by hom nie. Johann vertel hom van die vroeëre ongeluk, en die man erken hy was betrokke daarby. Net daar is die boete vergete en Johann kan verder ry.

Hierdie man se optrede is verdag en toeriste moet maar goed op hulle hoede wees in die Gweta-distrik.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa