Weg! Ry & Sleep

Gereedskap­sake

Dit is in die aard van kamp dat jy soms ’n stuk gereedskap nodig kry. Maar moet ’n mens jou hele werkswinke­l inpak wanneer jy in die pad val?

-

Wie ry ’n volledige gereedskap­stel saam en wie pak net ’n tang en ’n stuk bloudraad? Ons het ons Facebook-vriende gevra.

Johan Hattingh

My wa het sy eie klein gereedskap­skis wat altyd saamry. Daarin is net die belangriks­te goed soos ’n tang, klein hamer, isoleerban­d en kabelstrop­pe. Ek ry nie ’n groot vrag gereedskap saam nie.

Jacques Albertyn

Ek vat my knipmes ,’ n plat punt-en ster skroewedra­aier en kabel stroppe. Di sal.

Chris en Alida Laing

Ek vat net die goed saam wat ek dink ek gaan nodig kry. Tussen my en my swaer se gereedskap­kissies kon ons in die verlede heel goed oor die weg kom met probleme soos ’n band wat lek. Ons vat selfs ’n snoeiskêr en ’n klein saag saam. Enige gereedskap wat nié gebruik word terwyl ons vakansie hou nie, is ’n seëning van bo.

Thinus Kotze

Ek ry baie gereedskap saam wanneer ons gaan kamp. Net ingeval... Ek wil nie sukkel nie, en dit is vir my moeilik om iemand anders se goed te leen.

Mandi van den Berg

Ons pak kabelstrop­pe, ’n herstelpak vir bande, Q20-smeermidde­l, ’n matmes, hamer en smeltdrade in. Vir enigiets anders hou ons sommer ons lyf MacGyver.

Petro Doman Jordaan Nel

Ons vat altyd ons gereedskap­kis saam en maak seker ons het die goed wat ons in die verlede nodig gekry het.

Gerhard du Toit

Ek is ’n motorwerkt­uigkundige en neem geen gereedskap saam nie. Netnou is daar iemand wat ’n motorwerkt­uigkundige met gereedskap nodig het, en ek wil nie werk wanneer ek kamp nie. As jy in die kampterrei­n gereedskap moet kry, soek iemand wat met ’n Land Rover sleep – hulle kan nooit sonder tools wees nie.

Piet Botha

Ek neem ’n klein gereedskap­kissie met ’n paar skroewedra­aiers, tange en kabelstrop­pe saam. Niks meer as dit nie.

Gideon Carstens

Ek het ’n klein gereedskap­stel wat altyd in my voertuig is, hoewel ek hom nie baie gebruik nie. Ek hou ook ’n klein verskeiden­heid gereedskap­stukke en ander toerusting in my woonwa. Die kinders spot my gereeld omdat ek altyd vir “Justin” saamneem – dis natuurlik “just in case” – maar ek wil beslis nie sukkel as ’n probleem opduik nie.

Gustav Somers Al wat ek inpak, is my lugkompres­sor en my herstelpak vir bande. Dan is ek geholpe. Willem Brits

Ek ry nie ’n spesiale gereedskap­kis saam nie, maar ek het darem die nodigste goed in my woonwa.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa