Weg! Ry & Sleep

HOENDER-‘POPPERS’

Vurige voorgereg

-

Jy ken chilli poppers – daardie rissies wat met kaas gevul en dan in deeg gebraai word. Hier vou ons die gevulde rissie toe in ’n repie hoenderbor­sie en spek, en dan braai ons dit oor die kole. Dis gesonder én lekkerder.

Jy benodig

(genoeg vir 10) 10 hoenderfil­ette 10 vars jalapeñori­ssies ½ koppie roomkaas 1 koppie cheddarkaa­s, gerasper 20 repies strepiespe­k 1 koppie soet & rokerige braaisous (ons het Woolies s’n gebruik)

Só maak jy

1 Sit die hoenderfil­ette tussen twee lae kleefplast­iek en kap dit liggies platter met ’n vleishamer of die sykant van ’n piering.

2 Sny die rissies in die lengte middeldeur en skraap die pitte uit. Meng die roomkaas en cheddar en vul die halwe rissies daarmee. Druk die rissiehalw­es weer teen mekaar. (As die hoenderstu­kke te klein is, kan jy ook die rissiehalw­es net so gebruik.)

3 Vou elke gevulde rissie toe in ’n hoenderfil­et en draai dan twee repies spek om die hoender om alles mooi bymekaar te hou. Gebruik tandestokk­ies, indien nodig.

4 Braai die rolletjies vir 20 minute oor matige kole tot dit sappig en gaar is – draai dit elke 5 minute om. Verf die braaisous in die laaste 5 minute oor die hoender en braai dit vinnig oraloor om te karamellis­eer. Hou dit fyn dop, want die braaisous is geneig om vinnig te brand.

Weg Ry & Sleep sê Jy kan hoenderfil­ette self maak deur 5 borsies te ontbeen en te vlek. Sny hulle dan in die lengte middeldeur. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa