Weg! Ry & Sleep

SOMMER TWÉÉ BLINK PLANNE

- WIHAN VIVIERS Knysna

Ek het ’n klamp ontwerp waarmee ek my woonwa aan my voertuig vassluit sodra ek haak. Dit pas net onder die bolgedeelt­e en het ook ’n ketting wat oor die handvatsel van die koppelstuk pas. ’n Mens kan ook net die slot gebruik en aan die koppelstuk vassluit sodat iemand anders nie jou wa kan haak nie.

Dit het my nie veel gekos nie, want ek het reeds van die items gehad. Dit sluit ’n moertjie met die bout asook die slot in. Die twee wassers en ketting was R20 by ’n ysterwarew­inkel.

Ek het ’n deel – omtrent ’n kwart – uit elke wasser gesny, dié stuk omgedraai en ’n gaatjie ingeboor. Hierdie los stukke het ek dan weer aan die wasser vasgesweis, maar sodat die gaatjieged­eelte weg van die wasser staan. Ek het die twee wassers op mekaar gesit en op die punt die verste van die gaatjie af ’n groter gat deur albei geboor. ’n Bout pas hierdeur asook die een punt van die ketting. Hierdie twee wassers laat ’n mens dus dink aan ’n klamp waarvan die twee dele weg van mekaar kan swaai sodat jy dit om die stang kan pas. Dan pas die slot verder deur die twee gaatjies wat nou oor mekaar staan asook die ander punt van die ketting.

Hier’s nog ’n plan om die hoekstutte makliker af te draai: Ek het ’n tweedehand­se 19 mm-sok vir R10 gekoop en dit aan ’n 10 mm-staalstaaf vasgesweis. Dié pas in my koordlose boormasjie­n en dis klaar met al die slingerged­raai.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa