Weg! Ry & Sleep

Dis vakansiety­d

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

Is dit net ek wat effens onkant betrap is deur die Kersversie­rings en Boney M-agtergrond­musiek in die winkelsent­rums? Ek kan amper nie glo 2017 lê al op sy rug nie. Ons het dan nog net die anderdag ons vonkelwyng­lasies geklink en vir mekaar “Sal ons ou vriende ooit vergeet?” gesing.

Jy het seker teen dié tyd ook al jou werk se jaareindge­selligheid bygewoon en hopelik gaan jy nie vir die volgende jaar of wat as “Briekdans Botha” bekend staan onder jou kollegas nie.

Niemand kan jou egter té kwalik neem as jy ’n bietjie stoom afgeblaas het nie. Dit was ’n besige jaar vol nuwighede en uitdagings. By Weg

Ry & Sleep het ons ’n heel nuwe rigting ingeslaan deur twee tydskrifte te kombineer. Ons moes ou vriende groet, maar ons het baie nuwes bygekry. Ons het ook die land van grens tot grens verken en in ons buurlande gaan kuier op soek na die nuutste en beste kampplekke, 4x4-roetes, woonwaens en motors. Cyril was selfs in Suid-Amerika om ’n draai te ry met die nuwe Mercedes-Benz X-klas. Hy gee sy indrukke op bl. 26.

Nou is dit tyd om te ontspan. Ek hoop jou deposito is betaal, jou ryding gediens, jou wa gepak en jou Langpad

Tunes- speellys gelaai. Gaan vergeet vir ’n week of drie van die nimmereind­ige uitdagings van jou alledaagse bestaan. Dis waarvoor ’n Desemberva­kansie gemaak is. Gaan swem in die see, raak rustig langs jou Bosveldkam­pvuur, slaap laat en eet roomys vir brekfis. Speel met jou kinders en kleinkinde­rs, kuier saam met jou familie en herinner Oupa en Ouma opnuut hoe lief jy vir hulle is.

Want volgende jaar gaan sy eie uitdagings hê en waarskynli­k nóg vinniger verby flits. En vóór jy jou oë uitvee, gaan jy weer met vonkelwyn in die hand staan en sing.

Veilige reis! eis!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa