Weg! Ry & Sleep

Breinaald tot die redding

- TOMMY BLATHERWIC­K Kaapstad

Dis nie aldag dat die punt van ’n breinaald ’n mens se vakansie in Namibië red nie. Ons het twee jaar aan die toer beplan, dit ’n jaar uitgestel om almal te pas, en toe gaan ons.

Op die vyfde dag van die toer, op pad na Swakopmund van Solitaire af, ry ons oor die Kuisebpas. Die eerste deel is erg steil, en die Land Rover Defender is swaar gelaai en het boonop ’n sleepwa op die haak.

Net voor die pas begin, trek ek af en toets die remme soos altyd. Ook maar goed so, want dit werk nie! Ria, my vrou, is geskok en tjoepstil. Ons kleinseun Luan (12) is ook saam en sê-vra ontsteld: “Oupa moet asseblief nie vir ons jok nie...”

Die remvloeist­of lek by die regteragte­rwiel uit en dit lyk of die remvloeist­ofpypie ’n hou van ’n opslagklip­pie gekry het. Ek kry nie die lek gestop nie – soveel so dat ek ook van my noodremvlo­eistof moet gebruik. (Dit sou later ’n volle 2 ℓ wees). Van ons vriende ry die 45 km terug Solitaire toe vir nog remvloeist­of. Hier gee iemand vir hulle die raad dat jy ’n stokkie in die pypie moet druk.

Net hier kry Cheryl Schmidt, ’n lid van ons geselskap, ’n slim plan. Die vroue was besig om te sit en brei terwyl die mans bestuur. Hoekom, vra sy, probeer ons nie ’n breipen nie? Ons saag een van die penne se punt af en steek dit in die gaatjie waaroor die rempypie vasskroef. Só seël ons dié wiel se remvloeist­oftoevoer en kan steeds staatmaak op die ander drie.

Ons kom veilig op Swakopmund aan... en die Landie spog met ’n nuwe naam: Breinaald.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa